Verlaat die nes

Sus, op 23 Junie 1995 het jy ons lewens betreë en ons trotser gemaak as die Springbokke wat die volgende dag die Wêreldbeker rugby gewen het.

Sedert daardie dag het jy gegroei tot ‘n jong vrou en is dit ‘n eer om jou as ons dogter te kan hê. Deur jou standvastigheid in jou geloof en verhouding met Jesus het jy gewys dat jy ‘n rots is in ‘n wêreld wat soms ontstuimig kan raak. Iemand na wie almal kan opkyk. ‘n Ligtoring vir die skepe om jou wat soms van koers wil dwaal.

Familie, vriende en elkeen wat jou lewenspad kruis ervaar jou liefde en werklike omgee. ‘n Stywe drukkie elke oggend het soveel meer as enige woorde gesê.

Jy het gewys dat met dissipline en toewyding jy die hoogste hoogtes kon bereik in dans, akademie en alles wat jy met soveel passie en vasberadenheid aangepak het. Moed opgee is nie deel van jou woordeskat nie. Harde werk wel.

Deur jou netheid sorg jy dat alles altyd ‘n plek het. Jy hou alles skoon en versorgd.

Daar is ‘n tyd vir alles in die lewe en so het jou tyd nou aangebreek om die nes te verlaat. Jou vlerke te sprei. Nuwe uitdagings te oorkom. Persoonlik te groei. ‘n Verskil te gaan maak in ander se lewens. Nog sterker in jou verhouding met Jesus te groei.

Ons weet dat jy jou lewensreis voluit gaan omarm. Ons weet dat jy ‘n sukses van jou werk, geloofsgroei en verhoudings sal maak. Hou aan om sterk te staan in jou geloof en om God se gawes en talente aan jou te gebruik.

Liefde

Pappa, Mamma en Boeta

Weet dat ons as gesin altyd daar sal wees vir jou, ongeag die afstand, om jou te ondersteun in alles wat jy mag aanpak en watter omstandighede jy jou ookal mag bevind.