Verloor só vet om jou middel
- Lyfsorg
- Janine Janse van Rensburg, somatoloog
Ons kan almal klaarkom met ’n bietjie ekstra liefde, maar niemand wil dit noodwendig om hulle heupe dra nie. Leer hoe om vet te verloor om jou middel.
Daar is heelwat wat jy kan doen om van jou love handlesontslae te raak en ’n bietjie minder vatplek om die heupe te hê.
Begin by verstandige koskeuses. Let op na wat jy eet en hoe gereeld jy eet. Hoeveel van die kalorieë wat jy inneem, kan jou liggaam verbrand?
Vervang suiker en verfynde koolhidrate met vars vrugte, groente en goeie vette, soos avokado en neute. Probeer om proteïene, veral vis wat ryk is aan omega 3, by elke maaltyd in te sluit.
Sorg dat jy genoeg oefening kry. Dit is noodsaaklik om gestoorde vet in bruikbare energie om te skakel en stres te verminder. Stres verhoog jou liggaam se produksie van kortisol, wat lei tot die berging van reserwes – veral om die maag en heupe.
Velsorgprodukte van hoë kwaliteit kan jou help om vinniger resultate te kry. Soek na produkte wat die woorde fat burningvertoon en spesifiek geformuleer is om rolletjies om die ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Hoewel sommige fisieke letsels onvermydelik is, beteken dit nie dat jy nie met die onooglike merke opgeskeep hoef te sit nie. Die meeste van ons ...
Die gemiddelde persoon stap elke dag ongeveer 7 500 treë. Dit verklaar waarom ons arme voete soms ’n bietjie verwaarloos lyk. Mooi voete verg gereelde, ...