Vermy beserings terwyl jy oefen

0
61
strek_oefening.jpg

Sjoe, almal is haastig besig om hulle lywe reg te kry vir die strand. Maar oppas dat jou entoesiasme nie tot groter pyne en skete lei nie …

Hierdie tyd van die jaar is almal baie entoesiasties en ywerig besig om hulle lywe reg te kry vir Desember. Dié oorywerigheid lei soms tot beserings en dan moet jy heeltemal ophou oefen. Sorg dus dat jy goed opwarm. Opwarming is ’n noodsaaklike deel van elke oefensessie. Tog vergeet ’n mens soms, of jy dink dalk dis nie werklik nodig nie. Dalk weet jy nie hóé om behoorlik op te warm nie. 

Wanneer jy opwarm, begin jou hartklop geleidelik versnel en die bloed- en suurstoftoevoer na jou spiere toeneem. Op dié manier word die hart, longe, spiere en gewrigte voorberei op die oefeninge wat volg. Gevolglik is die stremming op die hart minder en die moontlikheid van beserings geringer. ’n Goeie opwarmingsessie bestaan uit drie komponente:

  • Die losmaak- en warmmaakfase: Gaan stap of doen ritmiese bewegings. Swaai jou arms en buig – en maak jou bene reguit.
  • Ligte strek.
  • Geleidelike oorgang: Jy kan die tempo nou begin versnel sodat die harttempo geleidelik opgaan.
     

Geskryf deur Linda Kriel