Versoeking

Ons sien versoekings gewoonlik as iets wat vanselfsprekend verkeerd is, soos om nie te veel te drink nie, om nie te skinder nie, om geld uit te gee wat jy nie kan bekostig nie, ens.

Terwyl ons eintlik elke dag versoek word op verskillende terreine van ons siel, liggaam en gees.  Ons gee so maklik in wanneer ons geloof versoek word.  Jy vertrou die Here vir ‘n uitkoms in jou finansiële situasie, maar terwyl jy bid maak jy alreeds planne om aansoek te doen vir ‘n lening.

Wanneer almal by die werk praat van hoe sleg hierdie jaareinde gaan wees dan bid jy dat God vir jou voorsien, maar uit dieselfde asem praat jy saam met hulle?  Ons word daagliks versoek om God nie te vertrou nie.

Ons staan eerder op wat ons sien as waarin ons glo.  God belowe ons in 1 KORINTIËRS 10:13 :

Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.

Daar word altyd ‘n skynbaar makliker opsie voor ons neus geswaai en so maklik neem ons ‘n hap van die appel.  Staan sterk, wees vasberade en vertrou God!

Vorige artikelWanneer jy nie weet wat om te bid nie
Volgende artikelRyp vrugte
Blogger - Lizelle de Kock
Lizelle de Kock is ‘n vrou vir Mark de Kock en ma van 3 dogters, Kaylin (11), Jessica (9) en Madison (4). Sy is meer bekend as die stigter van die partytjie maatskappy, Organizit Party Styling wat op verskeie programme soos Pasella, Die Groot Ontbyt op Kyknet en VIA TV verskyn het. Haar werk is ook in talle nasionale tydskrifte soos Living & Loving, Baba & Kleuter, Vrouekeur, Huisgenoot & Idees-tydskrif te sien. Met 'n suksesvolle boek (PARTY TIME) wat in 2015 vrygestel is, het sy haar merk as 'n betroubare partytjie stilis in Suid-Afrika gemaak. Haar diep passie lê egter daarin om ‘n verskil in vrouens se lewens te maak deur hulle te help om hulle doel te ontdek en dit met vryheid uit te leef. Dis ook om hierdie rede dat sy ingeskryf het vir Mev SA 2017 en gekies is as een van die land se Top 100 semi-finaliste. Deur haar agtergrond in kreatiewe partytjies en geleenthede te gebruik, bring sy 'n nuwe openbaring aan elke vrou se doel deur middel van 'n kreatiewe werkswinkel wat sy landwyd aanbied.