Versprei vreugde

0
101

Regter Keith Davison is 94 jaar oud en bly in Morris, Minnesota (V.S.A.). Sy vrou Evelyn is in April 2016 oorlede net voor die 66ste herdenking van hul huwelik.

Regter Keith Davison is 94 jaar oud en bly in Morris, Minnesota (V.S.A.). Sy vrou Evelyn is in April 2016 oorlede net voor die 66ste herdenking van hul huwelik.

Hy was daarna baie eensaam en het baie gehuil. Toe besluit hy om ʼn baie groot swembad vir die buurt se kinders in sy agterplaas te bou. Die kinders kan verniet kom swem. Die enigste voorwaarde is dat jong kinders deur ʼn ouer of ʼn grootouer vergesel moet wees. Nou wemel dit in die dag van kinders by Regter Davison se huis. Oral hoor en sien jy net kinders speel. Dit voel vir Regter Davison of sy huis skielik weer lewe gekry het. Een van die buurt se mense sê dat Regter Davison vreugde deur die buurt versprei.

Paulus vertel dat Filemon ook vreugde in ander mense se lewens bewerk het:
Jou liefde het vir my groot vreugde en bemoediging gebring, omdat jy, broer, die harte van die gelowiges verkwik het.

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.

 

 

 

DEEL
Vorige artikelDie mees gewilde twiet nog ooit
Volgende artikelVergeetagtigheid kom my duur te staan
Hennie Stander
Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog.