Vertoon jou kreatiwiteit

0
82
koek_stander.jpg

Met ’n tikkie nostalgie en pragtige detail is hierdie oulike koekstaander van Tintown die perfekte plek om jou droomgebak uit die kombuis ten toon te stel.

koekstander.jpg

Dis ideaal vir ’n tee- of verjaarsdagpartytjie en ander spesiale geleenthede.

Die koekstaander is met ’n laser gesny om eksieperfeksie te vertoon en kan plat weggebêre word aangesien die voetstuk uit twee dele bestaan wat inmekaar skakel.

Bederf ’n vriendin of jou ma vir Moedersdag met hierdie vermaaklike koekstaander. Dis dalk net die inspirasie wat sy nodig het om te begin bak!

Beskikbaar by www.tintown.co.za teen R502.