Vertrou op God

1267

Was jy al ooit deur ‘n donker nag van jou siel?

2  Korintiёrs 7:8-9

“   . . . , al was dit net vir ‘n kort rukkie. Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat dit julle tot inkeer gebring het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie, want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daarvoor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood. Kyk net wat die ervaring van droefheid volgens die wil van God aan julle gedoen het. Nou is daar by julle erns; meer nog; daar is verantwoording, verontwaardiging, ontsag, verlange, ywer en bestraffing van die kwaad… “

Het jy al ooit ‘n seisoen beleef in jou lewe waar jy so alleen en geïsoleerd voel? Selfs nou, dalk op hierdie oomblik voel jy wat nou hier lees depressief of dit voel of ‘n onsigbare mag jou met ‘n krag aanval! Jy voel dood. Leeg.  Jy is nie alleen nie.  Ons almal stap een of ander tyd in ons lewe daardie pad. Soms kom dit deur die dood van iemand wat ons liefgehad het, ‘n stryd met ‘n siekte, onsself en God.  Die verlies van ‘n huwelik en ‘n huweliksmaat, ‘n loopbaan of ‘n teleurstelling wat jou hopeloos en verstrooid soos as in die wind  eenkant en alleen in die lewe laat.  Baie, veral christene, jammer maar dit is hoe dit is in die lewe se realiteit realm, sal jou vining vertel om jouself dadelik reg te ruk of om dadelik oor dit te kom!  Hulle het verseker nog nie self daardie pad gestap nie, want dan sou dit nie hulle raad wees nie!

Ons almal ken en gebruik sonder om te aarsel die engelse gesegde “this too shall pass”.  Ek kan ‘n tyd onthou waar my seun ‘n olike geen vrolike koliek baba was.  Ek het gedink ek gaan nooit weer ‘n normale aand se slaap in my lewe sien nie! My seun se ouma sou dan ook vir my met hierdie einste woorde moed gee. “it too shall pass.” Wanneer ek nou terugdink daaraan was dit wel net “vir ‘n kort rukkie” al het dit toe vir my soos ‘n ewigheid nimmereindigend gevoel! Sedertdien het ek hierdie woorde al ontelbare kere vir myself gefluister deur my lewensreis.

Hierdie teks hierbo deel onder andere spesifiek die woorde “vir ‘n kort rukkie” en ek kan nie anders as om nou hardop te dink dat dit dieselfde is as daardie engelse woorde wat ons so goed ken. Weet dit, wanneer ons deur daardie moeilike tye gaan, die tydsduur is net vir ‘n kort rukkie.  Dit gaan verby. Terwyl jy daardeur gaan sal God jou styf vashou terwyl jy huil en jou aanmoedig om vas te byt en deur te druk as woorde in aksie woorde te lééf deur Sy Woord!   Moet net nie Sy hand los nie!  Maak God jou veilige hawe in die storm wanneer jy gestrooi en verstrooi deur die lewe voel. God belowe Hy sal jou deurdra.

Mense sê:” wys my dan sal ek U vertrou”. God sê: ”Vertrou My en Ek sal jou wys.”

PS: Vrede is nie ‘n plek nie. Vrede is God in jou deur Jesus Christus. Vind jou rus in Hom alleen en raak rustig.