[VIDEO] Hoe om jou kinders te leer oor geld

936

Ons wil almal genoeg geld hê om ons kinders goed te versorg, en later genoeg hê om hulle ’n geleerdheidte laat kry.

Die eerste plek waar jou kind leer hoe om met geld te werk, is by jou. Deur dit wat jy doen en sê, en ook wat jy vir hulle wys, is hoe kinders leer.

Die uitdaging aan jou is om ’n slag mooi na jou geldgewoontes te gaan kyk. As jy gereeld impulsief koop – sonder om eers daaroor te dink – is dit presies wat jou kinders ook gaan begin doen.

Wouter Snyman, attooh!

Kliek hier vir meer videos en artikels deur Wouter.