[VIDEO] ‘n Oorvourok vir elke geleentheid

0
1378

Ons trek elke dag volgens ons stylpersoonlikheid aan, maar ’n mens moet jou styl vars hou. Deur Carissa Bosman en Deidré Maartens van Image Avenue.

Soms sien jy ’n klere-item in ’n tydskrif waarvan jy hou, maar as jy dit gaan koop en aantrek, kom jy agter dit is nie “jy” nie. Dit beteken dit is nie in jou stylpersoonlikheid nie. Jy kan jou stylpersoonlikheid daarby aanpas of jy kan die uitrusting verander om by jou te pas deur net klein elemente van die ander modegier by te voeg.

Mandi Baard het ’n natuurlike stylpersoonlikheid. Die leerskoene van Blu Betty is haar gunsteling, maar sy het ook ʼn vroulike stylpersoonlikheid en hou van rokke, blommetjies en detail. Dis waar die mooi rok van die Skoonma-klerereeks inpas.

Mandi wou iets hê wat by haar stylpersoonlikheid pas, maar gemaklik is om mee te reis en sommer net gou aan te trek en mooi te lyk. Die oorbelle kan by verskillende uitrustings pas.

www.image-avenue.co.za