Vinnige hoenderkerrie

1215

Lewer 6 porsies

BESTANDDELE

75 g (125 ml) koekmeel
15 ml masala
sout en varsgemaalde swartpeper
1 kg hoenderborsfilette, in repies of blokkies gesny
30 ml olyfolie
2 groot uie, in dun skywe gesny
10 ml komynsaad
10 ml vinkelsaad
1 lourierblaar
400 g (1 blik) heel tamaties
10 ml masala
5 ml borrie
1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap
2 groen brandrissies, fyn gekap
500 ml gewone jogurt
vars koljanderblare vir opdiening
5 ml garam masala

METODE

1. Meng die meel met die 15 ml masala en geur met sout en peper.
2. Rol die hoender in die meelmengsel en skud oortollige meel af.
3. Verhit die olie in ’n middelslagpan en verbruin die hoender daarin. Haal uit.
4. Soteer die uie in dieselfde pan tot sag en voeg die komyn, vinkel en lourierblaar by.
5. Kap die tamaties fyn en voeg by die uiemengsel. Voeg die 10 ml masala, borrie, knoffel en brandrissie by. Gooi die hoender by. Prut vir nog 15 minute tot die hoender sag is.
6. Gooi die jogurt en koljanderblare net voor opdiening oor. Sprinkel die garam masala bo-oor. Moenie die mengsel laat kook nie, want die jogurt sal skif.

 

Lekker & Vinnig: Kerries is te koop by alle goeie boekhandelaars of direk by LAPA Uitgewers (www.lapa.co.za of 012 401 0700) teen R75.