Vinnige oplossings vir jou haarprobleme

0
420
hare.jpg

Growwe, grys hare, sonstrepe wat donker uitgroei, yl hare of olierige haarwortels – elke vrou het ’n haarprobleem wat sy wens sy vandag nog kan oplos. Ons vra die kenners om raad te gee.

Jy soek: volume wat nie platval nie

DIE OPLOSSING:
Versprei ’n hand vol mousse deur jou hare en blaas die hare droog met jou kop onderstebo gehou. Draai Denman Thermoceramic rollers (R49 by Dis-Chem) tot styf teenaan jou haarwortels in. Blaas nou weer warm lug oor die rollers – dit verhit die metaalplaatjie binne elke roller en wanneer die roller afkoel, set dit jou styl. As jy die krullers uithaal en jou hare uitborsel, sal jy heeldag lank wip in jou hare hê.

Jy soek: 100% dekking vir jou grys hare

VINNIGE OPLOSSING:
Garnier Color Sensation Intense Permanent Color Cream (R59,99 by kettingwinkels).
Die weelde om jou hare by ’n salon te laat kleur is nie almal beskore nie. Uitstekende kleurpigmente wat lig soos ’n spieël weerkaats is gelukkig haalbaar met bekostigbare haarkleur wat jy tuis kan doen. Die nuwe reeks bestaan uit agt kleure.

Jy soek: geen bleskolle nie

DIE OPLOSSING:
Fill-in powder (R99,95 by Dis-Chem).
Die pad na herstel van haarverlies is moeilik, maar as jy kaal kolle op jou kopvel onmiddellik wil verbloem, doen dit met hierdie mat poeier. Jy tik dit met die ingeslote kwassie aan jou kopvel en dit bly heeldag sweet- en waterbestand. Die poeier was uit met sjampoe.

 

Jy soek: nie statiese hare nie

DIE OPLOSSING:
Babyliss haardroër (R349,95 by Clicks).
Die bekostigbare toestel is ’n gunsteling van Venessa, FINESSE se redakteur, want die haardroër werk selfs beter as baie duurder soortgelyke produkte. Die geheim lê in die tegnologie: Die haardroër verhoed dat jou hare vol statiese elektrisiteit geaktiveer word, so, jy sal nie sukkel met droë hare wat soos antennas kiertsregop staan nie. Jy kry ’n glansende, reguit en netjiese haarstyl.

Jy soek: natuurlike sonstrepe

DIE OPLOSSING:
John Frieda Go Blonde Controlled Lightening Spray (R99 by Clicks).
Sproei dit op pasgewaste hare en maak droog met ’n haardroër of gebruik ’n haartang op jou hare om die effek van die produk te versterk. Jou hare sal merkbaar ligter word na drie tot vyf keer se gebruik. Dit is die maklike manier om sonstrepe in jou hare te kry tydens die somervakansie.

Jy soek: skoon hare sonder om daagliks te was

DIE OPLOSSING:
Batiste Dry Shampoo 50 ml (R36,99 by Clicks)
As olierige hare jou selfbewus maak of as jy lang hare het, maar nie tyd het om elke dag te sjampoe om jou kroontjie skoon te hou nie, is dié produk vir jou. Werk die poeieragtige sproei in jou haarwortels in, borsel uit en jou styl is weer vars.

David Gillson, kreatiewe direkteur van Carlton Hair International, vertel van ’n Europese haarkleurtendens.

  1. My span het die Nuwe Jy-finaliste beeldskoon laat lyk met die Davines Flamboyage haarkleurmetode. Fyn haarseksies word op ’n kleefstrook geplaas wat as werksoppervlak dien waar die haarseksies met dramatiese kleur behandel word. Omdat min hare op ’n slag gekleur word, is die effek subtiel.
  2. Ek hou van hierdie tegniek omdat dit met die skakerings werk wat reeds in jou natuurlike haarkleur teenwoordig is. As my kliënte eers Davines Flamboyage probeer het, hou hulle graag daarby. Flamboyage-behandelde hare laat die koppe draai.
  3. ’n Groot voordeel van Flamboyage is dat dit jou geen sigbare uitgroeifase of onooglike donker of grys wortels besorg nie. Jy is nie verplig om elke tweede week jou wortels met ’n vars sarsie kleur te laat opknap nie. Maak ’n afspraak by Carlton Hair International by 011 646 2420.

Modelfoto met vergunning van Garnier. David Gillson en produkfoto’s verskaf.

Geskryf deur Ryno Mulder