Vir Wie Is Jy Lief

Ek was besig om die broodjies uit die oond te haal toe die hele lot van hulle ingestorm kom.

Dit was 4 uur Maandag middag, en tussen die huiswerk en aandete was die reuk van vars brood net te veel vir hulle.

“Kan ek ‘n warm een kry asseblief?”

Hulle het almal gelyk gevra en hulle leë handjies uitgesteek, terwyl hulle my persoonlike ruimte heeltemal oorgeneem het.   Ek wou ‘n ete neem vir my siek vriendin, maar vandag het ek ekstra gemaak, spesiaal net vir hulle.  My hart het gevoel of dit amper kan bars.  Jesus, U het my so ver gebring.  Skaterlag en baie drukkies en liefde het my kombuis gevul soos die warm broodrolletjies die pad na elkeen vir wie ek so lief is, se handjies gevind het.

Vir wie is jy lief?

Dit lyk na so 'n eenvoudige aksie, maar ek kan ‘n dag onthou toe my liefde meer beperk was en die onnodige “nee’s” baie meer gereeld hoorbaar was in my huis.  Meer gereeld as wat ek graag sou wou erken, het dié wat die naaste aan my was, se vrae en samedromming vir my te veel geword.  Té veel kere het ek my beste gegee aan mense buite my huis, terwyl ek vir my familie net my ongeduld en oorskiet oorgehad het, so asof hulle ‘n hindernis of ‘n nagedagte is.

O Here, vergewe my.

In 1 Timoteus 5, gee Paulus aan Timoteus raad hoe om eer en respek te toon aan spesifieke individue in die kerk, maar interresant genoeg, is dit nie lank voor die gesin ingebring word by die lys nie:

“Maar as ‘n weduwee kinders of kleinkinders het, moet die kinders leer om as gelowiges allereers hulle verpligtinge teenoor hulle eie familie na te kom en so hulle ouers en grootouers iets te vergoed.  Dit is volgens die wil van God.” – 1 Timoteus 5:4

Paulus se woorde moet ons laat nadink oor hoe ons respek, liefde en eer bewys aan die mense in die kerk, maar ook hoe ons goddelikheid wys aan die mense wat ons ken in die mees intiemste spasies – die mense in ons eie familie.  Hierdie is die harde vrae wat ek julle mee uitdaag om julleself te vra:

Soek ek gereeld na geleenthede om die mense in my familie en my kerk aan te moedig, te eer, en te help, of is ek gefrustreerd deur die behoeftes van ander, terwyl ek net na my eie belange omsien?

Probeer ek om waarde, grasie en liefde te wys aan alle mense, of is ek net besig om tyd te spandeer aan mense wat soos ek is, of mense wat my kan bevoordeel?

Straal ek my liefde vir God uit in die manier hoe ek my familie en kerk behandel, of is ek heeltyd afgesonder en onbeskikbaar?

Is ek ‘n goeie voorbeeld vir die volgende generasie in hoe ek ander liefhet en vir hulle sorg?

Vader, verander die manier hoe ons ander liefhet, sodat ons elke dag meer soos U kan wees.

Vir ons families.

Vir U Kerk.

Vir die lig van die evangelie en die glorie van Christus…

DEEL
Vorige artikelDoen en wees anders as die res
Volgende artikelOns buig dankbaar in aanbidding
Blogger - Velia Basson
Velia Basson woon in George en is al vir 33 jaar getroud en 'n ma van drie groot seuns, Quintin (30), Juan (27) and Adriaan (23). Sy werk voltyds by a prokureursfirma as aktestikster en na-ure verryk sy vroue op haar blog, Lief God Grootliks: liefgodgrootliks.wordpress.com