Vis met bruinrysslaai

0
166
vis_met_bruinslaai.jpg

Maak seker jou gesin eet smaaklik én gesond met hierdie dis. Gesond eet is beslis nie vervelig nie.

Genoeg vir 4
Tyd: 55 minute

BESTANDDELE
Vir die bruinrysslaai
500 ml gaar bruinrys
1 x 410 g blik lensies, gedreineer
handvol koljander blare, gekap + ekstra
2 groot handevol kersietamaties, middeldeur gesny
½ komkommer, gekap
1 selderystingel gekap
1 klein rooi-ui, gekap
60 ml Franse vinaigrette
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak

Vir die vis
15 ml olyf- of avokado-olie
4 x 100 g visfilette sonder vel (soos tuna of stokvis)
skeutjie suurlemoensap
suurlemoenwiggies, vir opdiening

METODE
1 Vir die bruinrysslaai: Meng al die bestanddele saam en geur.
2 Vir die vis: Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matig hoë hitte en maak die visfilette vir 2-5 minute aan elke kant gaar. Voeg ’n skeut suurlemoensap by en geur.
3 Sit die vis bo-op die bruinrysslaai voor met ekstra koljanderblare oorgestrooi en suurlemoenwiggies.

Deur Marie Els-Burger bygestaan deur Itumeleng Masondo. Foto: Roelene Prinsloo