Vloek hierdie Minion?

0
30
minion.jpg

McDonald’s gee mos altyd ʼn speeldingetjie saam met sy Happy Meal vir kinders. Die nuutste wat hulle doen, is om ʼn Minion-mannetjie te gee.

McDonald’s gee mos altyd ʼn speeldingetjie saam met sy Happy Meal vir kinders. Die nuutste wat hulle doen, is om ʼn Minion-mannetjie te gee.

Daar is egter nou mense wat beweer dat wanneer jy hierdie mannetjie hard teen ʼn voorwerp stamp, sê dit “What the f**k!”. Hulle is dus ongelukkig dat hierdie Minion-mannetjie wat vir kinders gegee word, so vloek. McDonalds, aan die ander kant, beweer die mense hoor verkeerd. Dit is nie wat die mannetjie sê nie. McDonald’s beweer dat die mannetjies Minionese praat, dit wil sê ʼn fiktiewe taal en nie regte woorde nie. Maar baie ouers is ongelukkig en vat hierdie speelgoed weg van hulle kinders af.

Of die Minions nou vloek of nie, een ding weet ek, en dit is dat ek dikwels verbaas staan oor hoe mense vloek. Selfs oor die radio sal ʼn mens deesdae growwe woorde hoor wat vroeër nie toelaatbaar was nie. Dit geld ook vir die gedrukte media. Dit is net asof growwe woorde makliker oor mense se lippe rol. Ek sê nie jy sal hel toe gaan as jy lelik praat nie. Ek weet wel dat Paulus in Kolossense 3:8 soos volg sê:

Moenie God in die skande steek deur die manier waarop jy praat nie! Moenie vloek nie; nee, selfs al laat jou woorde mense net ongemaklik voel, moet jy dit nie eers gebruik nie.

Hier is die lokprent van die nuwe Minion fliek: