Vloermoer of meltdown?

203

Klein mensies kan groot emosies hê en skouspelagtige tantrums gooi. Partykeer is dit ’n poging om ouers te manipuleer, maar kinders kan ook stresoorlading (meltdown) bereik, wanneer dinge hulle eenvoudig oorweldig.

’n Kleuter beskik nie oor die vermoë om sy eie gedrag en reaksies te reguleer nie. Jy moet dit vir hom doen. Dit is belangrik dat jy tussen emosionele ineenstorting en manipulasie moet onderskei en weet hoe om elk te benader.

Jou optrede bepaal hoe jou kind voortaan moeilike situasies sal hanteer. Erken die emosie sonder om negatiewe gedrag goed te keur, byvoorbeeld: “Ek kan sien jy is hartseer, of gefrustreerd, of kwaad”. Help hom om sy gevoelens op ’n aanvaarbare manier te verwerk, deur byvoorbeeld sy aandag af te lei.

Vloermoere is berekende handelings om sy sin te kry. Moenie toegee nie. Bly kalm. Wees konsekwent. Nee bly nee.

Kliek op voelgoed.co.za/ naguilklub vir Lente se video oor mammas en selfsorg.

Lizanne en Suzanne, Die Naguilklub