Voed jou siel met ’n naweek weg

Kasteelkop Voelgoed Retreat

Wanneer jy moeg en oorlaai voel, is dit moeilik om jou lewensdoel raak te sien. Ontdek jouself by ’n Voelgoed Retreat by die lieflike Kasteelkop Gasteplaas, en kry jou woema terug!

Voelgoed Retreats

Kasteelkop Gasteplaas en Finesse het kragte saamgespan om in 2020 spesiale retreats aan te bied om die lewe weer vir lesers die moeite werd te maak.

Die naweek retreats is spesiaal geskep om aan vroue se spesifieke behoeftes te voldoen.

Van 6 Maart tot 8 Maart word besigheidsvroue spesiaal geïnspireer om van hulle drome en doelwitte ’n realiteit te maak.

Weduwees en geskeide vroue kan van 17 April tot 19 April kom uitvind hoe om hulle geldsake en nuwe identiteit as enkellopende te hanteer en weer vreugde te vind.

Woon ons Ma & Dogter retreat by van 15 Mei tot 17 Mei.

As jy moeg, gespanne of selfs uitgebrand voel, kan jy vanaf 5 Junie tot 7 Junie jou battery kom herlaai. Skop jou skoene uit, rus en skep asem!

Om nuwe doelwitte vir jouself te skep kan jy die Gesonder Jy retreat bywoon van 23 tot 25 Oktober.

Ontdek God se plan vir jou lewe van 6 tot 8 November. Dit sal ʼn naweek wees wat jou siel verryk.

Daar is plek vir 18 gaste per retreat. Die naweek se verblyf op hierdie vierstergasteplaas, kos R4 950 pp wat deel (R1 000 ekstra vir enkelverblyf). Dit sluit ʼn Gallup Strengthfinder-toets, resultate en bespreking, etes, ’n spa-behandeling, asook vier sessies met vooraanstaande selfhelpkenners in.

Kasteelkop gasteplaas

Bespreek

082 850 0170 (Erika Lessing) | kasteelkopguestfarm@gmail.com | kasteelkopguestfarm.net

Of bespreek aanlyn | itickets.co.za