Voel goed oor wie jy is

Voel goed oor wie jy is

Daar is ’n duidelike verband tussen hoe jy voel en jou algemene gesondheid. Voel daarom goed oor wie jy is. As jy jouself as positief en suksesvol sien, is die kanse goed dat dit sal volg.

Jou kultuur en agtergrond is ’n belangrike aspek

Sodra jy met mense praat oor wie hulle is, kom die vraag op waar hulle vandaan kom en aan watter groep en kultuur hulle behoort.

Kultuur en agtergrond is een van die lense waardeur jy na ander kyk. Wees sensitief daarvoor, en ook vir die feit dat hulle ook vanuit hulle kultuur en agtergrond na jou kyk.

Jou agtergrond is belangrik omdat dit jou help vorm het. Jou familie is seker die groep wat jou die meeste beïnvloed. Jy sal telkens jouself dinge hoor sê wat jy eintlik deur jou familie aangeleer het.

Moenie dit alles net weggooi nie. Moet ook nie jou agtergrond en die kultuur waarin jy grootgeword het, probeer vergeet nie.

Hoewel jy deur jou kultuur, familie en agtergrond beïnvloed is, het jy ’n keuse wat om daarmee te maak. Soek ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die violis LYNETTE DE JAGER het lankal reeds besef dat die lewe kort is en dat sy die beste moet maak van elke geleentheid wat ...

In vandag se samelewing begin portuurdruk reeds baie vroeg. Ons kinders begin gou agterkom dat ander kinders sekere goed op bepaalde maniere doen, en het. ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!