Die aanlyn TV-program, Voelgoed LIVE, word aangebied in samewerking met Finesse Voelgoed Tydskrif.
Nuut, gratis, propvol inspirasie én aanlyn – ‘n inspirerende leefstylprogram wat praat met jou hart …
Jy kan elke tweede Woensdag om 20:00 regstreeks inskakel op die Voelgoed-webblad, Facebook LIVE en YouTube.
In elke episode kan jy uitsien na jou gunstelingbekende, inspirerende mense én gebeure, hoe om geestelik te groei, raad om probleme te oorkom en doelwitte te bereik, velsorgwenke vir ’n mooier voorkoms, en méér.
Wil jy ingelig wees en seker maak dat jy altyd op die hoogte bly met die programskedule, sluit aan by Voelgoed LIVE se Facebook-groep én staan die kans om elke week te wen!
Voelgoed LIVE word met trots geborg deur Biomedical Emporium.
My storie … soos jy jou gunstelingbekende nog nooit gesien het nie
Goeie nuus … oor inspirerende mense en gebeure wat jou lewe aan raak
Jou geloof … om geestelik te groei en meer soos Jesus te word
Hoe om … raad om probleme te oorkom en jou doelwitte te bereik
Nuwe jy … velsorgwenke vir ’n jonger, varser en mooier voorkoms
Vol kleur … verstaan jouself en ander mense, én koester jou verhoudings
WEN 1 van 50 registrasies vir Liesel Krause-Wiid se WEBINAAR Glo in jouself en kry selfvertroue.
Vandag weet ek:
Dis oukei om nie
perfek te wees nie
Rolene Strauss
Mej. Wêreld 2014
As jy meer
positief oor
jouself begin dink
Lucia Dramat
Lewensafrigter
Ons verwag dat
slegte dinge nie sal
gebeur nie …
Karien Basson
Redakteur, Vroue wat Glo
Glo in
jouself én
kry selfvertroue
Liesel Krause-Wiid
Voelgoed-mentor
Omdat mense so
verskil, sal daar
altyd konflik wees
Lynette Beer
Verhoudingskenner
Om op hoogte te bly met die programskedule, sluit aan by Voelgoed LIVE se Facebook-groep
Teken in op Voelgoed se nuusbrief en WEN!