WEN! ’n oorspronklike akrielskildery

Een gelukkige leser kan ’n pragtige akrielskildery (ter waarde van R10 000) van Art de Olivia wen. Die prys is ’n oorspronklike kunswerk en enig in sy soort.

Jou huis is die plek waar jy jou stempel kan afdruk en jou smaak kan laat geld. Die dekor wat jy kies, verklap nie net meer oor jou nie, maar bepaal ook die stemming binne jou huis.  

Daar is verskeie opsies om uit te kies om jou unieke stempel op die vertrekke in jou huis af te druk, van huis- en keramiekware tot klere, juwele en bykomstighede.  

Helder kleure en unieke kunsontwerpe is wat Art de Olivia se produkte so besonders maak. Dit kan lewe in enige vertrek blaas en ’n donker bui sommer ligter maak.  

Versier jou sitkamer- of gastekamermuur met ’n akrielverfskildery, wat nie net die oog sal vang nie, maar die omgewing warm en huislik sal laat voel.  

In hierdie akrielskepping verteenwoordig rooi die vuur van God en die heuwels die hoogtes en laagtes van die lewe. ’n Engel is ingebring as simbool van God se beskerming, terwyl ons in Sy genade staan.  

Blomme is eenvoudig, maar mooi. Dis eintlik soos ons, as mense, ook maar is. Uniek en mooi. Die mensies in die prent sit styf teen mekaar, want naasteliefde is wat daar van ons verwag word.  

Olivia Botha se passie is om die wêreld rondom haar te mooi te maak en ’n verskil te maak in die lewens van mense. Haar hoofdoel is om produkte te vat wat in die mode is en dit dan uniek te maak deur haar kleurvolle ontwerpe daarop te druk, waarmee sy mense juis inspireer om vrolik te voel.

Wen ’n oorspronklike akrielskilder.

Vul die vorm in hieronder om deel te neem aan die kompetisie

KOMPETISIEREËLS: