[PODSENDING] Hoe om jou stempel af te druk

106

Dis belangrik om te onthou dat jy in die wêreld is om diep spore te trap. Dit maak nie saak wat gebeur nie. Dit wat jy doen, maak saak en kan ’n verskil maak.

Roger Darlington vergelyk die mens met ’n potlood. Sy verhaal bevat ’n paar kosbare lewenslesse. Soos dat jy tot groot dinge in staat is mits jy die hand wat jou vashou, toelaat om jou te beheer. Soms sal jy pynlike slypsessies ervaar, maar dit sal jou net ’n beter potlood maak.

Alles wat jy doen, sal ’n merk agterlaat, maar foute wat jy maak, kan reggestel word. Wat belangrik is, is wat binne jou is.

Wanneer jy jou lewe met die storie vergelyk, mag dit dalk voel of jy partykeer in verkeerde hande gesit is. Miskien het die skerpmaaksessies jou geknou tot ’n klein onbruikbare stukkie potlood. Dit laat jou wonder of jy enigsins nog ’n doel het, of jy nog van waarde is en waarom die lewe só moes uitdraai?

Joyce Meyer sê, die lewe is nie regverdig nie, maar God is goed. Deuteronomium 23 sê: Hy is die rots, Sy werk is volmaak, alles wat Hy doen is regverdig en Hy is die getroue God sonder onreg en betroubaar.

Dit beteken jy kan steeds jou “merk maak”. Dit maak nie saak wat gebeur het nie. Gebruik die oppervlak wat God vir jou gegee het en krabbel na hartelus voort.

– Karien Basson, Redakteur Vroue wat Glo

Vorige artikel[PODSENDING] Ware deernis begin by jouself
Volgende artikel[VIDEO] Hoe om jou stempel af te druk