[PODSENDING] Aanlyn vriende is so werklik soos “regte” vriende

34

Kinders is deesdae onder aansienlike druk om baie vriende te hê. Maar anders as in ons jongdae is die vriende nie skoolvriende of maatjies wat in dieselfde straat bly nie, dit is virtuele of aanlyn vriende.

Ons kinders is op ’n missie om soveel moontlik aanlyn vriende te hê. Met baie bedoel ek derduisende. Hoeveel vriende jy het, is vir hulle uiters belangrik, want hoe meer likes jy in sosiale media kry, hoe hoër is jou aansien.

Wat in die slag bly is hulle verhoudings. Hulle verleer om normaal met mekaar om te gaan en om gesonde verwantskappe met die mense om hulle te bou.

Dis hoekom ons by ’n tafel moet sit en eet. Ons moet ons kinders leer hoe om van aangesig tot aangesig ’n gesprek te voer, om te luister, hoe om iemand ordentlik te groet, hoe om vrae te vra en regtig belangstelling te toon.

En dan natuurlik moet hulle ook weet van die risiko’s van aanlyn vriende. Dit is oukei om baie vriende te hê, maar maak net seker die mense met wie jy aanlyn gesels, is wie hulle sê hulle is.

Stel die voorbeeld. Miskien is dit ’n kans vir jou om ’n vriend of vriendin te bel, te hoor hoe dit met hulle gaan en vir die jongeres te laat besef dis oukei om ’n persoonlike gesprek met iemand te hê.

– Rianette Leibowitz, digitale ouerskapkenner

Vorige artikel[VIDEO] Afskeid ná die dood van ’n geliefde
Volgende artikelAanvaar jóú man se unieke persoonlikheid