[PODSENDING] Behaal sukses deur persoonlike ontwikkeling [Reeks 2 Nommer 2]

180
Lynette Beer

Om ’n huis te koop of in iets groot te belê, mag jou dalk baie geld en slaaplose nagte kos, maar jou grootste keuses gaan nie noodwendig die beduidendste effek op jou lewe hê nie.

Daar is keuses wat ons dikwels onbewustelik maak wat kan bepaal hoe lank en gelukkig ons gaan lewe …

Besluit om met integriteit te lewe. Wees eerlik met almal, maar veral met jouself. Oneerlikheid kan jou siek maak.

Kies die woorde wat jy in jou gesprekke (veral die met jouself) gebruik. Verban begrippe soos “blaam” en “verwyt”, “verdien” en “dit is my reg” – dit het niemand nog iets in die sak gebring nie.

Kies om te luister wanneer iemand met jou praat. Moenie dink aan wat jy gaan antwoord nie, maar luister om te hoor wat die persoon wil sê. Wees 100% teenwoordig met ’n oop gesig wat sê, jy is vir my belangrik, jy het al my aandag.

Besluit om jou wysheid na te laat. Neem die lesse wat jy geleer het met jou saam. Leer dit ook vir jou kinders, maar nooit die swaarkry nie. Kinders sal hulle eie swaarkry hê en dan het hulle die wysheid nodig om daardeur te werk.

Neem die besluit. Moenie bang wees om te waag nie. Selfverwyt draai meestal om verspeelde kanse.

Kies doelbewus om voluit te lewe. Sê elke oggend vir jouself: Hierdie dag, hierdie oomblik kom nooit weer nie.

–Lynette Beer, motiveringspreker

Kliek op voelgoed.co.za/3-minute-selfhelp vir Lynette se video- en oudioreeks.

Vorige artikel[VIDEO] Hoe om… nie alles te wil beheer nie [Reeks 2 Nommer 1]
Volgende artikelBehaal sukses deur persoonlike ontwikkeling