[PODSENDING] Verandering is nie ’n slegte konsep nie [Reeks 1 Nommer 6]

315

Wanneer jy ’n besluit neem en jou hart draai om ’n werklike ommekeer te bring in jou manier van praat, houding, denkwyse of selfs jou benadering tot mense, gaan diegene om jou dit dadelik agterkom.

Het iemand al ooit vir jou gesê: “Jy het verander.” Voordat jy onseker begin watertrap en skuldig wonder wat hulle bedoel, kom ons kyk na die raad wat die Bybel vir ons hieroor gee.

2 Korintiërs 5:17 sê: Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Die woorde, “jy het verander”, beteken eenvoudig dat jy jou lewe nie meer volgens hulle standaarde leef nie, maar volgens jou eie. Slegs jy kan bepaal of dit ’n kompliment of ’n negatiewe opmerking is.

Jy kan ook bepaal of daar ’n positiewe ontwikkeling by jou plaasgevind het deur dit te meet aan die hoeveelheid vreugde in jou gees. Spreuke 17:22 bevestig dit: ’n Vrolike mens is ’n gesonde mens, ’n neerslagtige mens raak uitgeput.

Vreugde is nie ’n konkrete objek nie. Dis binne-in jou. Wanneer jy dit in jou alledaagse lewe vind, weet jy dat positiewe verandering plaasgevind het.

Moeder Teresa het gesê: “Moet nooit dat iemand na jou toe kom en nie gelukkiger wegstap nie.” Dis ongelooflik hoe vinnig ’n mens se gemoed kan omswaai. Hoe skielik jou hart neerslagtig kan raak en hoeveel impak een persoon op jou kan hê.

–Karien Basson, Redakteur Vroue wat Glo

Vorige artikel[PODSENDING] Leer (mooier) met jouself praat [Reeks 2 Nommer 1]
Volgende artikelOm God se stem te hoor