[VIDEO] Leef gebalanseerd vir ’n geseënde lewe

20

’n Tyd om te werk en ’n tyd om op te hou werk. ’n Mens kan nooit die huidige oomblik met al sy verrassings en hoogtepunte geniet as jy nie ’n gebalanseerde benadering tot werk het nie.

Albert Schweitzer het gesê, die geheim van sukses is om deur die lewe te gaan sonder om opgebruik te raak.

’n Mens se gedagtes spring dadelik na daardie persoon wat konstant werk aan jou opdwing. Die kollega wat altyd haar werkslading op jou plaas. Die baas wat nooit “nee” as antwoord aanvaar nie.

In Lukas 10:38 lees ons van Jesus se kuier in die huis van Martha en Maria. Martha was heeltyd hard aan die werskaf om alles perfek te hou. Maria, aan die ander kant, het net by Jesus se voete gaan sit.

Deur Maria se keuse goed te keur sê Jesus nie dat Martha nie moet werk nie. Net dat sy minder gefrustreerd moet wees en ’n goeie gesindheid moet hê terwyl sy werk.

Kolossense 3:17 spoor ons aan om aan te hou groei en nie te stagneer in ons handel, denke en werkplek nie. “En wat julle ook al sê en doen, sê en doen alles in die Naam van die Here en dank die Here deur Hom.”

Jesus wil hê ons moet hard werk. Maar ook dat ons moet weet wanneer om die aktiwiteite te staak om nie die wonderwerk van die oomblik te mis nie.

– KARIEN BASSON, redakteur Vroue wat Glo

Vorige artikel[VIDEO] Probeer die ‘minder is meer’- oefenbeginsel
Volgende artikelHoe om … verskille te hanteer