[VIDEO] Moenie bang wees om jouself te wees nie [Reeks 1 Nommer 8]

448

Die samelewing laat ’n mens maklik voel dat jy anders is. Daar is soveel druk om te konformeer. Maar jy moet nooit bang wees om jouself te wees nie.

Ons omstandighede dwing ons dikwels om verskillende rolle te moet vertolk. As vrou probeer jy byvoorbeeld, dikwels gelyktydig, ’n goeie eggenoot, superma, dogter, beste vriendin, gesinsvrou en suksesvolle werknemer wees.

Dit beteken egter nie dat jy dit presies soos almal anders moet doen nie.

Dawid het nie in koning Saul se wapenrusting gepas nie. Hy het in sy skaapwagtersuitrusting en met die toerusting wat hy die beste geken het die reus verslaan.

In Efesiërs 6:13 gee Paulus advies en moedig die gelowiges aan om die volle wapenrusting van God aan te trek. “Trek die waarheid as gordel om jou heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan jou voete en daarby moet julle altyd die geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal jy al die brandpyle van die bose kan afweer.”

Oorwinning is slegs moontlik deur Sy krag. Neem die helm van verlossing en die swaard van die gees in die woord van God op. Hierdie wapenrusting is voorwaar geskik om die vyand teë te staan wat mense en omstandighede gebruik om ons geluk en ons vrede te steel.

– Karien Basson, Redakteur Vroue wat Glo

Vorige artikel[PODSENDING] Keuses wat jou lewensgeluk kan beïnvloed [Reeks 2 Nommer 3]
Volgende artikel[#RegteVroueRegteGeloof] Moenie bang wees om jouself te wees nie