[VIDEO] Kardio help met vinniger vetverbranding

63

Kardiovaskulêre of aërobiese oefening is fisieke aktiwiteit wat suurstof gebruik om vette en glukose te “verbrand”. Hoeveel jy nodig het om gewig te verloor, hang af van jou huidige gewig, dieet, daaglikse aktiwiteitsvlak en ouderdom.

Sonder ons liggaam se wonderlike aanpassingsvermoë sou ons nooit ons fiksheid of krag deur oefening kon verbeter nie.

Jou eerste poging om ’n drafsessie van 2 km te voltooi, was moeilik. Jy het gesweet, gehyg na asem en jou hele lyf het ongemaklik gevoel. As jy egter volgehou het, is dit nou baie makliker en hardloop jy waarskynlik al baie verder met aansienlik minder moeite.

Hierdie aanpassing is voordelig vanuit ’n gesondheidsoogpunt, maar nie wat gewigsverlies betref nie.

Dieet verminder die hoeveelheid energie wat jy verbruik. Jou liggaam probeer energie bespaar en raak meer energie-effektief. Dit is hoekom jy minder sweet en gouer begin koud kry, hoe langer jy op ’n dieet is.

As jy elke dag 20 minute draf en 250 kalorieë verbruik, begin dié neiging ná ’n maand afneem en jou gewigsverlies bereik makliker ’n plato.

Kardio-oefening verskaf baie gesondheidsvoordele. Dit help met vetverbranding aangesien meer kalorieë gebruik word. As jou fokuspunt gewigsverlies eerder as fiksheid is, is dit belangrik om verskillende tegnieke toe te pas.

– Marijke Cilliers, persoonlike afrigter

Kliek op voelgoed.co.za/oe-la-la-lyf vir Marijke se videoreeks met tuisoefeninge.