[VIDEO] Maak jou kind vir ’n selfstandige lewe groot [Reeks 1 Nommer 1]

166

Die werk om hom voor te berei om eendag met selfvertroue op sy eie voete te kan staan, begin so te sê reeds die dag wat jy jou baba die eerste keer huis toe bring.

Daar is soveel wat hulle moet weet: goeie keuses, uit hulle foute leer, tydbestuur, balans in alles wat hulle doen …

Die wyse waarop jy die lesse vaslê moet hom laat weet dat sy ouers hom onvoorwaardelik lief het en dat hy altyd welkom is in julle huis.

Genoeg grense en reëls skep sekuriteit en laat hom gekoester voel.

Moenie alles vir hom doen nie. Dit maak ’n mamma-hart hartseer om hulle te sien gaan, maar ook super-trots dat hulle selfstandig is.

– Anelia Prinsloo, Pienkvoetpret