[VIDEO] Ware deernis begin by jouself

162

Deernis beteken om daar te wees vir iemand anders. Om haar by te staan en te laat weet sy is nie alleen nie. Maar ons kan dit eers doen wanneer ons medelye met onsself ontwikkel.

Deernis vir onsself en vir ander mense, betrek ons hele wese en al ons ervarings – ons pyn, ons empatie, maar ook ons donker kant, ons wreedheid en angs. Eers wanneer ons ons eie donker dieptes ken, kan ons onsself of ander in swaarkry bystaan.

Deernis beteken nie om ander se probleme op te los nie. Dis wanneer jy die ander persoon nie probeer fix nie, maar net haar hand vashou en haar laat weet dat sy nie alleen deur die modder van haar seer hoef te ploeter nie.

Die hart van deernis is aanvaarding. Hoe meer ons onsself en ander aanvaar, hoe meer deernis kan ons hê.

Ware deernis bestaan uit twee komponente: die stel van grense en om ander vir hulle gedrag aanspreeklik te hou. Eers wanneer jy dapper genoeg is om grense te stel en mense aanspreeklik te hou vir hulle optrede, kan jy gesonde deernis hê.

Die antwoord is om vriendelik, maar ferm op te tree, met minder woede, verkleinering en verwyte, terwyl ons die gevolge van verkeerde gedrag uitspel.

– Lynette Beer, verhoudingskenner

Vorige artikelHOE OM … tevrede te wees met minder
Volgende artikel[PODSENDING] Ware deernis begin by jouself