Voëltjie-bordegoed vir die somer

0
127
voel_borde.jpg

Vervrolik elke geleentheid met dié melamienborde en -bakkies van Boardmans. Dit is nie sommer jou alledaagse plastiekeetgerei wat net vir kinders bedoel is nie.

Die borde is duursaam, fraai en fyn, en tog sterk genoeg sodat jy nie bekommerd hoef te wees dat dit gaan breek nie. Dit is perfek vir ’n vleisbraai om die swembad.

Die reeks bestaan uit ’n groot bord, klein bordjie en bakkie in ’n Paisley- of voëltjiepatroon, of meng en pas om dit nog interessanter te maak. Pryse wissel tussen R60 en R70.

Besoek vandag nog jou naaste Boardmans-winkel.