Vorm jou kuite met een oefening

0
76

Wie van ons sal nou “nee dankie” sê vir mooi gevormde kuite? Die goeie nuus … jy het net een oefening nodig om pragtige kuite te kry!

Ons wil almal graag mooi kuite hê. Doen hierdie een-been-kuitoefening drie keer per week: Hou met jou regterhand aan ’n muur of stoel vas vir balans. Hou vir ekstra weerstand een of twee gewigte in jou linkerhand vas. Buig jou linkerbeen en plaas jou linkervoet agter jou regterbeen sodat dit net bokant jou regter-enkel rus. Lig nou die hak van jou regtervoet stadig van die grond af totdat jy op die bal van jou voet staan. Jy sal voel hoe die kuitspier saamtrek. 

Bly ’n sekonde lank in hierdie posisie voor jy weer jou hak laat sak. Herhaal ’n paar keer en doen dit dan met die linkervoet op die grond. As jy jou kuite groter wil bou, gebruik swaar gewigte sodat jy slegs 8 herhalings kan doen, maar as jy slegs die vorm wil verbeter hou ligter gewigte vas, sodat jy ongeveer 15-20 herhalings kan doen. Doen uiteindelik 3 stelle met elke been.

Geskryf deur Linda Kriel

Volg Linda op Twitter by @linda_kriel