Vou ’n hartvormige origami-boekmerk

0
7
liefde.jpg

Gee hierdie Valentynsdag iets handgemaak vir jou geliefde. As hy graag lees is ’n hartvormige origami-boekmerk perfek! Plus dis soveel meer spesiaal omdat jy dit self vir hom gevou het …

 

STAP 1: Vou die reghoekige patroontjie-papier van jou keuse in die helfte, met die patroon na buite.

1_11.jpg

 

STAP 2: Vou dit weereens in die helfte om ’n middellyn te maak. Maak oop.

2_6.jpg

 

STAP 3: Vou die een kant op teen 45 grade sodat die buiterand op die middellyn eindig.

3_8.jpg

 

STAP 4: Herhaal stap 3 aan die anderkant.

4_7.jpg

 

STAP 5: Draai die papier om. Vou die boonste kant af ondertoe omtrent ’n derde van die seksie.

5_6.jpg

 

STAP 6: Vou die hoekies in om ’n hartvorm te maak.

7_3.jpg

 

Voila! Daar is jou pragtige Valentyn boekmerk. Steek dit vir hom weg in sy boek vir ’n oulike verrassing.

 

netflorist.jpg

8_3.jpg

 

DEEL
Vorige artikelOor engele
Volgende artikelValentynsdag
Geniet 'n eersteklas- aanlyn wêreld met dieselfde warm gevoel van 'n lekkerlees tydskrif.