Vrae om jou man elke week te vra

0
97
vrae_vir_jou_man.jpg

In plaas van om te wag tot probleme opduik, kan jy een keer ’n week ’n ordentlike gesprek met jou wederhelf hê. Hier is ’n paar vrae wat hom aan die praat sal kry:

Doen ek iets wat jou irriteer?

Hierdie vraag maak julle weerloos, maar dit is ’n goeie manier om klein irritasies vroeg nek om te draai.

Wil jy alleentyd hê hierdie week?

Selfs in die gelukkigste huwelike is daar tye dat jy net ’n bietjie alleen wil wees.
Maak beurte om byvoorbeeld die kinders rond te ry of met huiswerk te help. Onthou, julle is ’n span!

Hoe kan ek jou meer liefhê?

Binne ’n verhouding is dit baie belangrik om geliefd te voel.
Miskien voel hy jou liefde wanneer jy die aanvoorwerk met seks doen of sy gunstelingdrankie vir hom skink. Maar jy sal natuurlik nooit weet as jy nie vra nie.