Vredemakers het dit nie altyd maklik nie

0
763

Sarah Idan (Mej. Irak) en Adar Gandelsman (Mej. Israel) het ‘n selfie van hul twee geneem enkele dae voor die Mej. Heelal-kompetisie.

Mej Irak het dit toe op twitter gedeel met die woorde “Vrede en liefde van Mej. Irak en Mej. Israel”. Sy en haar familie word nou met die dood gedreig, soveel so dat haar familie Irak moes verlaat omdat hulle vir hulle lewe vrees. Kan jy glo dat ‘n mens vir jou lewe moet vrees omdat jy liefde en vrede verkondig!

Om liefde en vrede te verkondig klink dalk baie mooi, maar dit is nie altyd maklik nie. ‘n Mens moet dikwels ‘n duur prys daarvoor betaal. Nie almal is opgewonde daaroor wanneer ‘n mens grense tussen rasse oorsteek en mekaar probeer vind nie. Nie almal in die familie is altyd opgewonde wanneer jy probeer om twee kante by mekaar uit te kry nie. Selfs paartjies wat op ‘n stadium liefde en trou aan mekaar beloof het, is nie altyd geneë om na ‘n breuk in die huwelik weer na mekaar uit te reik nie.

Om vrede te maak en vrede na te jaag, is nie altyd maklik nie. Tog roep Christus ons op om vredemakers in ons eie omgewing te word.

9 Geseënd is die vredemakers,

want hulle sal kinders van God genoem word.

10 Geseënd is dié wat vervolg word

omdat hulle doen wat reg is,

want aan hulle behoort die koninkryk

van die hemel (Mt 5:9–10).