Vrees issie vannie Here af nie

“Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie,
maar van krag en liefde en selfbeheersing.
1 Tim 1:7 1953-vertaling

In effek sê hierdie gedeelte dat vrees my van my krag ontneem.
Vrees maak my voos.
Vrees maak van my ‘n vulletjie.

Vrees steel my liefde.
Vrees ontneem my die vrymoedigheid om lief te hê sonder vooroordeel of agterdog.
Vrees weerhou ander daarvan om verby my andersheid te kyk en die ware ek lief te hê.

Vrees laat my beheer verloor.
Vrees laat my iemand (iets) wees wat ek nie is nie.

En dit is níé die geskenk wat die Goeie Vader vir ons gegee het nie.
God het ons níé ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie.

Daar is so baie om te vrees in hierdie lewe. Nie alles rasioneel en met rede nie…

My ma was van kleins af ‘n baie bang mens. Noudat ek ouer is sou ek graag beter wou verstaan waar dit vandaan kom. Want haar vrees het gemaak dat ons kinders ook maar vreesagtig grootgemaak is. Daar is so baie wat ek nooit ervaar het nie – of dalk eers baie later – omdat ek eers haar vrese binne-in my moes doodleef.

‘n Vriendin deel hierdie week met my ‘n liedjie wat vir haar baie beteken en so tussen die lyne daarvan kom vertel Zach Williams die verhaal van so baie van ons:

When he told you you’re not good enough
When he told you you’re not right
When he told you you’re not strong enough
To put up a good fight
When he told you you’re not worthy
When he told you you’re not loved
When he told you you’re not beautiful
That you’ll never be enough…

…word vrees gebore.

When he told you were troubled
You’ll forever be alone
When he told you you should run away
You’ll never find a home
When he told you you were dirty
And you should be ashamed
When he told you you could never be the one
That grace could never change

…word vrees nie net gebore nie, maar groei dit en kry kleintjies en vermenigvuldig en neem oor.

Maar dan…

Fear, he is a liar
He will take your breath
Stop you in your steps

Fear, he is a liar
He will rob your rest
Steal your happiness

Cast your fear in the fire
‘Cause fear – he is a liar

Die antwoord teen die aanvalle van vrees (onder andere) is nie net ‘n voorstel uit die Goddelike Handboek van Menslike Riglyne nie. As Jakobus 4:7 sê dat die duiwel SAL vlug wanneer jy hom weerstaan, is dit ‘n baie duidelike en onteenseglike stelling wat jou hele lewe kan verander.

Hoe lank sal ek nog stilbly terwyl my vrede gesteel word deur die liegstories van ‘n vyand wat bly floreer omdat ek nie my mond wil oopmaak nie?

Hoe lank sal ek nog die liegstories koester omdat ek te sissie of te moeg of te lui is om moeite te doen om diep in die Waarheid in te duik en te gaan soek tot ek die regte antwoord het vir elkeen van sy genadelose aanvalle?

Hier waar ons nou is,
in hierdie land,
in ‘n tyd soos hierdie,
met hierdie mense en al hulle dinge,
met hierdie geldeenheid,
met hierdie wisselvallige weerpatrone,
hierdie unieke tipe moorde en sindrome…
Hier, vanaand,
met die uitdagings waarvan niemand weet nie,
met die swart hond op my spoor,
kies ek om nie langer in vrees te lewe nie.
Ek kies om my krag terug te neem.

Die krag wat Hy ons gee skuif ons lafhartigheid eenkant toe.
Die liefde wat Hy in ons harte bewerk, skuif ons glashuisies nader aan mekaar.
Die selfbeheersing wat Hy in ons harte uitstort, laat ons deur Sy oë die volle situasie en konteks en omstandighede in oënskou neem.

My verjaardag-animasie-bederf hierdie jaar was “Ferdinand”. Wanneer kleine Nina op die einde van die fliek die boerbok Lupe met die skewe uitpeul-tande om die nek val en druk, vra sy heel bok-onskuldig: “Is this love? I looooove love.”

Ek weier om langer ‘vrees’ te vrees.

Vorige artikelStukkies van die Lewe
Volgende artikelLaat die lig wat in jou is, helderder skyn as die lig wat op jou is
Blogger - Maxie Heppell
Vir baie lank het my lewe nie regtig rigting gehad nie. 'n Gekompliseerde kindertyd, verkeerde keuses en dan die ongelukkige gevolge daarvan, het my gevange gehou. Tot daardie dag dat die Here Sy kind uit die modder opgetel en haar voete stewig op Vaste Rots laat land het. Psalm 40 bly tot vandag toe 'n groot favourite! Dit het my baie jare geneem om uit te kom by dit wat Hy nog altyd vir my lewe bedoel het. Maar nou is ek hier. En ek glo in God Drie-Enig, in die maagdelike geboorte, in Jesus aan 'n kruis, maar meer nog - aan die opgestane Jesus in my eie lewe. Ek glo dat Hy ons weer gaan kom haal en dat ek tot dan die Heilige Gees het wat my lei en my denke help vernuwe. In 2009 behaal ek my B.Th graad in teologie en sedertdien preek ek, praat ek en deel ek oral waar ek genooi word. Ek en my eerste liefde en ons langhaar-vierbeen meisiekinders bly tans op Jeffreysbaai in die Oos-Kaap en ons getuig gereeld: Die Here is nie net goed vir ons nie, Hy bederf vir ons!