vrees jy dalk sukses?

0
12
sukses.jpg

Dit klink seker belaglik! Wie sal nou nie suksesvol wil wees nie? Maar die onbekende daarvan kan jou ook vrees op die hals haal.

’n Vrees vir sukses kan jou beperk en veroorsaak dat jy nie gewig verloor nie al besef jy dit nie. Mense sê gereeld vir my dat hulle het nie ’n vrees vir sukses het nie. Hulle wil dan baie graag gewig verloor! Maar ’n vrees vir sukses is baie meer algemeen as wat jy dink. Voorbeelde hiervan is as jy bang is jou man gaan nie meer lief wees vir jou nie, want hy het dan vir jou lief geword terwyl jy oorgewig was.

Nog ’n voorbeeld is dat jy vrees jy gaan nie die werk kry of selfs dat mense jou nie gaan respekteer as jy gewig verloor nie.  Dan sal jy die “waarheid” in die gesig moet staar dat dit nie oor jou gewig gaan nie, maar oor jou as persoon.