vrees vir mislukking

0
19
mislukking.jpg

Stel jy vir jouself sulke hoë standaarde, wat net ’n perfekte mens sal kan behaal? Of laat jy toe vir foute en glipsies? Jy is dalk jou eie grootste blokkasie…

Een van die grootste blokkasies wat vrouens het wat graag gewig wil verloor, is die vrees vir mislukking. Dit kom uit as jy probeer om alles perfek en reg te doen. Om niks verkeerd te eet nie, amper niks te eet nie of glad nie te oortree nie. As jy dit dan nie regkry nie, en dalk net een ding verkeerd doen (volgens die baie streng reëls wat jy vir jouself gestel het), gee jy heeltemal moed op.

Jy vertel vir jouself jy sal dit in elk geval nie regkry nie, jy’s ’n mislukking en kan netsowel opgee. So gesê, so gedaan. Gee jouself baie meer genade en onthou dat negentig persent goed genoeg is. Jy hoef nie alles perfek te doen om sukses te bereik nie. Hou aan, ten spyte van ’n paar blokkasies.