Vrees vir mislukking hou jou vas

0
53
mislukking.jpg

Wanneer jy bang is vir mislukking, sal hierdie selfde vrees jou van jou doel weerhou. Laat dit gaan!

“Do the thing you fear to do and keep on doing it … that is the quickest and surest way ever yet discovered to conquer fear.” ~ Dale Carnegie

Vrees het te doen met allerhande moontlike scenario’s wat ons in die vooruitsig stel. Dit is nou eenmaal so dat die brein dit moeilik vind om tussen verbeelding en realiteit te onderskei. As jy lank genoeg op ’n moontlike negatiewe uitkoms fokus, sal jou brein dit as realiteit aanvaar. Dit is dus baie belangrik dat jy kyk na wat jy in jou gedagtes toelaat.

Soms is die vrees vir mislukking iets wat jou kan lamlê. Dit lei ook tot uitstel. Dit kan veroorsaak dat jy besluit om eerder later weer te probeer, en daarom goeie eetgewoontes uitstel. Dit is verstommend met hoeveel redes ’n mens vorendag kan kom oor hoekom jy eerder later met die dieet moet begin! Jy moet besef dat vrees heelwat chemiese reaksies in die liggaam veroorsaak. Dit kan weer ’n behoefte aan kos stimuleer wat jou baie kwesbaar maak. Maar as jy die vrees herken vir wat dit is en nie toelaat dat dit jou keer om met die proses voort te gaan nie, sal dit jou eerder motiveer.

Moenie langer ’n slagoffer van jou vrees bly nie! Neem verantwoordelikheid en kies om dit te oorwin.

Eugene Kemp