Vrou deur leeu doodgebyt

0
27
leeu

ʼn Amerikaanse vrou is Maandag in haar motor in ʼn leeupark doodgebyt. Blykbaar het sy haar motor se venster afgedraai sodat sy foto’s van die leeus kan neem.

ʼn Amerikaanse vrou is Maandag in haar motor in ʼn leeupark doodgebyt. Blykbaar het sy haar motor se venster afgedraai sodat sy foto’s van die leeus kan neem.

Maar die mees skokkende van alles is dat een koerant beweer dat sy selfs saam met die leeus wou loop! Dit is jammer dat die vrou dood is, maar ek is bly dat hulle nie die leeu doodgemaak het nie. Leeus is en bly wilde diere en is gevaarlik, en daarom moet ʼn mens nie naby hulle kom nie.

Dit is juis omdat ʼn mens versigtig vir leeus moet wees, dat Petrus ook die beeld van ʼn leeu gebruik wanneer hy skryf:
Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë (1 Petrus 5:8-9).

Party mense dink mos hulle kan met sonde heul; hulle kan sonde omarm sonder dat die sonde hulle skade sal berokken. Dit is soos die vrou hierbo wat gedink het sy kan “so ʼn bietjie” met die leeus saamloop. Nog voordat sy met die leeus saamgeloop het, het ʼn leeu haar alreeds doodgebyt. Dit gebeur ook op geestelike vlak. As jy jou met iets skadeliks besig gaan hou, dan gaan dit jou vernietig. As jy byvoorbeeld dink jy kan “net so ʼn entjie” saamstap met oneerlikheid, of korrupsie, of pornografie, of wat ook al, weet dat dit jou gouer kan vernietig as wat jy dink.

Hennie Stander