Vrou wil soos draak lyk

0
916

‘n Vrou van Bruni in Texas, Amerika wil graag soos ‘n draak lyk.

Sy is Eva Tiamat Medusa, en het nou reeds byna R800,000 betaal vir hierdie proses. Sy het byvoorbeeld reeds haar ore laat afsny, haar neusvorm laat verander, die wit van haar oë groen laat verkleur, en haar tong laat verdeel ten einde ‘n gevurkte tong te hê, en selfs sewe horings op haar kop laat aanbring.

Waarom, waarom, waarom sal ‘n mens dit wil laat doen? Is daar nie beter modelle wat ons kan naboots nie? Paulus het ‘n goeie voorstel. Hy sê soos volg in Romeine 8:29-30 “Dié wat God lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is”.

Ek verkies die opsie om eerder Jesus se voorbeeld na te jaag. Ek weet ek is baie ver daarvandaan, en ander mense herken beslis nog nie Jesus se beeld in my nie, maar dit is die model of voorbeeld wat ek nastreef!