VOELGOED MEDIA BIED AAN!

Vroue wat Glo-retreat

VANDERBIJLPARK + PRETORIA

Jy en jou geloofsvriendinne word uitgenooi na die Vroue wat Glo-retreat!
Jy kan uitsien na n lofprysing- en aanbiddingsbelewenis met topklas sprekers soos Susan Coetzer, Hykie Berg, Lynette Beer, Aletté Winckler en Liesel Krause-Wiid rondom die tema: Ek kan nie … maar God kan! 

Vroue wat glo 2025

Méér oor die Vroue wat Glo-retreat

Die Vroue wat Glo-retreat bied Christenvroue die geleentheid om uit hul daaglikse roetine te ontsnap en op hul verhouding met God te fokus. 

Vanaf die oomblik wat jy arriveer, sal jy ’n gevoel van tuishoort ervaar, met warm glimlagte en oop harte begroet word en ’n kans kry om betekenisvolle verhoudings saam met geloofsvriendinne te bou. 

Jy kan uitsien na ’n lofprysing- en aanbiddingsbelewenis waartydens almal die Here deur musiek kan loof en aanbid. Daar sal ook oomblikke vir stilword, gebed en persoonlike nadenke wees om na God se stem te luister en jou hart te herfokus. 

Inspirerende sessies word deur topsprekers soos Susan Coetzer, Hykie Berg, Lynette Beer, Aletté Winckler en Liesel Krause-Wiid aangebied wat Bybelse insigte en praktiese aanmoediging deel om jou uit te daag en jou te help om God se Woord in jou lewe toe te pas. 

Of jy deur ’n tyd van onsekerheid gaan, smag na antwoorde, of net nader aan God wil kom, jy en jou geloofsvriendinne word uitgenooi om die Vroue wat Glo se een-maal-in-’n-jaar retreat by te woon.  

Vroue wat glo 2025

TEMA

Ek kan nie … maar God kan!

Is jy moeg daarvoor om altyd te probeer aanpas, presteer en beïndruk – in ’n wêreld waar van ons verwag word om alles vir almal te wees? 
As jy rondom jou kyk, sien jy ander vroue wat lyk of hulle dit alles regkry. Hulle leef oënskynlik vol vreugde, vol passie, vol God.  

En jy? Jy voel leeg, soos ’n mislukking en moeg … Geen wonder jy voel soms in twee geskeur, uitgeput en alleen nie! 

Ek kan nie … maar God kan! bring jou by hierdie bevrydende waarheid – jy was nooit veronderstel om alles te wees nie! 

Dit is hoekom Jesus gekom het. Dit is die hart van die Evangelie.
Op jou eie kan jy nie, maar God kan!

Hy sien jou! Hy weet van jou stryd, jou trane agter geslote deure, jou vrae en jou versugtinge. 
En Hy staan reg, nie met veroordeling nie, maar met krag – Sy krag! 

Temas waarna jy kan uitsien!

Die Vroue wat Glo-retreat word in VANDERBIJLPARK (Sondag 10 Augustus) én PRETORIA (Saterdag 23 Augustus) aangebied!

Saterdag 23 Augustus ● 09:00 tot 13:00 – Pretoria ● Choose Live Church, Moreleta Park 

Stilword, gebed en persoonlike nadenke


Die gasvrou is Zantie Swanepoel, pastoor van Choose Life Church, wat ook verantwoordelik is vir die Vroue wat Glo-retreat se stilword en gebed.

SESSIE 1

Jy was nooit veronderstel om alles te wees nie!

Susan Coetzer
Hoe uitputtend kan dit nie wees om te probeer om alles vir almal te wees nie! Leer om die verwagtinge wat jy vir jouself koester, af te lê en te besef dat jou waarde nie in wat jy doen lê nie, maar in Wie jy is – in Christus.

SESSIE 2

Hy sien jou, hoop agter geslote deure!

Liesel Krause-Wiid
God sien jou – ook agter geslote deure, waar jy dalk pyn, vrae of verlange wegsteek. Jy hoef nie voor te gee nie. Deur Bybelse en persoonlike stories ontdek jy: God is teenwoordig, Hy verstaan jou, en Hy bring hoop – presies waar jy nou is.

SESSIE 3

Hy kan alles doen, selfs wat onmoontlik lyk!

Hykie Berg
Jesus het juis gekom omdat jy dit nie alleen kan doen nie. Jy hoef nie alles reg te kry nie – God kan! Hy sien jou stryd en jou trane agter geslote deure. Wat vir jou onmoontlik voel, is vir Hom moontlik. Sy krag is genoeg.

Musiek,
lofprysing en aanbidding

Die sang-duo Jacques & Liezel is die gaskunstenaars en aanbiddingsleiers saam met wie almal die Here kan loof en aanbid deur musiek.

Sondag 10 Augustus  ●  14:00 tot 17:00Vanderbijlpark  ●  Kompas Gemeente 

Stilword, gebed en persoonlike nadenke


Die gasvrou is Marietjie Malan, gemeenteleier van Kompas Gemeente, wat ook verantwoordelik is vir die Vroue wat Glo-retreat se stilword en gebed.

SESSIE 1

Jy was nooit veronderstel om alles te wees nie!

Susan Coetzer
Hoe uitputtend kan dit nie wees om te probeer om alles vir almal te wees nie! Leer om die verwagtinge wat jy vir jouself koester, af te lê en te besef dat jou waarde nie in wat jy doen lê nie, maar in Wie jy is – in Christus.

SESSIE 2

Hy sien jou, hoop agter geslote deure!

Aletté Winckler
God sien jou – ook agter geslote deure, waar jy dalk pyn, vrae of verlange wegsteek. Jy hoef nie voor te gee nie. Deur Bybelse en persoonlike stories ontdek jy: God is teenwoordig, Hy verstaan jou, en Hy bring hoop – presies waar jy nou is.

SESSIE 3

Hy kan alles doen, selfs wat onmoontlik lyk!

Lynette Beer
Jesus het juis gekom omdat jy dit nie alleen kan doen nie. Jy hoef nie alles reg te kry nie – God kan! Hy sien jou stryd en jou trane agter geslote deure. Wat vir jou onmoontlik voel, is vir Hom moontlik. Sy krag is genoeg.

Musiek,
lofprysing en aanbidding

Die sangeres en aanbiddingsleier Zaretha van Wyk is die gaskunstenaar en aanbiddingsleier saam met wie almal die Here kan loof en aanbid deur musiek.

Topklas sprekers wat optree!

SATERDAG 23 AUGUSTUS – PRETORIA  ●  CHOOSE LIVE CHURCH, MORELETA PARK 

Zantie Swanepoel

Zantie Swanepoel

Pastoor, Choose Life Church

Susan Coetzer

Susan Coetzer

Skrywer en spreker

Liesel Krause-Wiid -Predikant en skrywer Liesel Krause-Wiid Liesel Krause Wiid

Liesel Krause-Wiid

Predikant en geloofsmentor, Voelgoed

Hykie-Berg

Hykie Berg

Akteur en mediapersoonlikheid

Jacques & Liezel

Jacques & Liezel

Sang-duo en aanbiddingsleiers, Choose Life Church

SONDAG 10 AUGUSTUS  ● VANDERBIJLPARK  ●  KOMPAS GEMEENTE 

 

Marietjie Malan

Gemeenteleier, Kompas Gemeente

Susan Coetzer

Susan Coetzer

Skrywer en spreker

Alette-Johanni-Winckler

Aletté Winckler

Skrywer en motiveringspreker

Lynette Beer

Lynette Beer

Verhoudingskenner en motiveringspreker

Zaretha van Wyk

Sangeres en aanbiddingsleier

OUDIO'S

Spreker-opnames beskikbaar!

As jy nie die funksie in persoon kan bywoon nie, kan jy die sprekers se oudio-opnames bestel om op jou eie tyd te luister terwyl jy die kinders rondry, oefen, kosmaak of inkopies doen.
Beskikbaar 22 September! 

Pretoria-sprekers  ●  Oudio-opname  ●  45 minute per spreker  ●  R74 R99
Susan Coetzer  ●  Oudio-opname  ●  45 minute  ●  R39 R49
Liesel Krause-Wiid  ●  Oudio-opname  ●  45 minute  ●  R39 R49
Hykie Berg  ●  Oudio-opname  ●  45 minute  ●  R39 R49 

Vanderbijlpark-sprekers  ●  Oudio-opname  ●  45 minute per spreker  ●  R74 R99
Lynette Beer  ●  Oudio-opname  ●  45 minute  ●  R39 R49 
Aletté Winckler ●  Oudio-opname  ●  45 minute  ●  R39 R49 

Vroue wat glo 2025

Koop jou kaartjie!

Early Bird-kaartjies is beskikbaar vir die Vroue wat Glo-retreat in VANDERBIJLPARK (Sondag 10 Augustus) én PRETORIA (Saterdag 23 Augustus)

Jy kan ook jou kaartjie afbetaal – kliek op die AFBETAAL-KAARTJIE!

VANDERBIJLPARK ● KOMPAS GEMEENTE, VANDERBIJLPARK

Early Bird-kaartjies beskikbaar – jy kan tot 25% spaar op jou toegang tot die Vroue wat Glo-retreat! 
Geldig tot 30 Junie. 

Goeie nuus, jy kan jou kaartjie afbetaal – kliek op die AFBETAAL-KAARTJIE (Geldig tot 16 Junie).

VOELGOED-VRIENDIN [VIP]
Grondvlak Voor

R 99
R149
per persoon
  • ● Sondag 10 Augustus

    ● 14:00 tot 17:00

    ● Registrasie vanaf 13:00

    +

    ● Sitplek vóór

    ● VIP-toegang

Koop jou kaartjie

R 129
R149
per persoon
  • ● Sondag 10 Augustus

    ● 14:00 tot 17:00

    ● Registrasie vanaf 13:00

AFBETAAL-KAARTJIE

R45

+ R45 + R45


R129
per persoon
  • ● Sondag 10 Augustus

    ● 14:00 tot 17:00

    ● Registrasie vanaf 13:00

    +

    ● R45 deposito
    + R45 einde Junie + R45 einde Julie

    ● Aanbod geldig tot 16 Junie

    ● Deposito nie terugbetaalbaar nie

    ● Kaartjie slegs geldig indien ten volle afbetaal

PRETORIA ● CHOOSE LIVE CHURCH, MORELETA PARK

Early Bird-kaartjies beskikbaar by Choose Life Church – jy kan tot 25% spaar op jou toegang tot die Vroue wat Glo-retreat! 
Geldig tot 30 Junie. 

Goeie nuus, jy kan jou kaartjie afbetaal – kliek op die AFBETAAL-KAARTJIE (Geldig tot 16 Junie).

Gratis koffie en tee met aankoms – slegs vir Voelgoed-vriendinne én Grondvlak Voor kaartjies! 

VOELGOED-VRIENDIN [VIP]
Grondvlak Voor – A + B + C

R 99
R149
per persoon
  • ● Saterdag 23 Augustus

    ● 09:00 tot 13:00

    ● Registrasie vanaf 08:00

    +

    ● Gratis koffie en tee

    ● Sitplek vóór

    ● VIP-toegang

Grondvlak Voor –
A + B + C

R 129
R149
per persoon
  • ● Saterdag 23 Augustus

    ● 09:00 tot 13:00

    ● Registrasie vanaf 08:00

    +

    ● Gratis koffie en tee

Grondvlak Agter –
A + B + C

R 109
R129
per persoon
  • ● Saterdag 23 Augustus

    ● 09:00 tot 13:00

    ● Registrasie vanaf 08:00

AFBETAAL-KAARTJIE
Grondvlak Agter –
A + B + C

R40

+ R40 + R40


R149
per persoon
  • ● Saterdag 23 Augustus

    ● 09:00 tot 13:00

    ● Registrasie vanaf 08:00

    +

    ● R40 deposito
    + R40 einde Junie + R40 einde Julie

    ● Aanbod geldig tot 16 Junie

    ● Deposito nie terugbetaalbaar nie

    ● Kaartjie slegs geldig indien ten volle afbetaal

Ons kyk terug na die Vroue wat Glo-retreat 2024

Dankie aan ons borg!

Geopende deure – om bewustheid te skep vir die wêreldwye vervolgde kerk, kliek opendoors.org.za/afr.

VROUE WAT GLO-RETREAT

Pretoria

Saterdag 23 Augustus 
09:00 tot 13:00 
Choose Live Church, Moreleta Park 

Vanderbijlpark

Sondag 10 Augustus 
14:00 tot 17:00 
Kompas Gemeente, Mantevrede 

Volg Vroue wat Glo

Scroll to Top

Voelgoed-vriendinne

As jy deel is van die Voelgoed-vriendinneklub, vul jou lidmaatskapnommer in om jou kaartjies te koop.

Code Checker

As jy nog nie deel is van die vriendinneklub nie, kliek op Sluit aan!

Voelgoed-vriendinne

As jy deel is van die Voelgoed-vriendinneklub, vul jou lidmaatskapnommer in om jou kaartjies te koop.

Code Checker

As jy nog nie deel is van die vriendinneklub nie, kliek op Sluit aan!