Vroue wat Glo E-RETREAT [HERUITSENDING]

Tema - VRY, VROLIK EN BLY!

Beleef Finesse se Vroue wat Glo e-retreat! Saam met Lindie Strydom, Liesel Krause-Wiid en Rouchelle Liedemann kan jy aanbid, lofprys én ’n dieper geloof ervaar om ’n vry, vrolike Christenvrou vol blydskap te wees!

SONDAG 4 OKTOBER om 15:00 tot 17:00

KAARTJIES VIR HERUITSENDING (E-RETREAT)

Die E-RETREAT [Heruitsending] word op Sondag 4 Oktober om 15:00-17:00 uitgesaai.
Indien jy nie op dié spesifieke tyd inskakel nie, sal jy ‘n REPLAY-skakel ontvang om die HERUITSENDING binne 7 dae te kyk.

HERUITSENDING-
registrasie

R64

R74

HERUITSENDING-REGISTRASIE:
* Spaar 25%
* R64 per gesin
* Aanbod geldig tot Vrydag
2 Oktober om 12:00

Sprekers, ens

Program

Ons leef in ’n wêreld vol moeilikhede en stryd, en gelowiges sowel as ongelowiges word oorval met slegte nuus. Gelowiges behoort egter te reageer met ’n ander soort hoop, hoop in Christus.

Gelowiges het baie om oor vrolik en bly te wees. Selfs al kan jy nie oor jou omstandighede juig nie, kan jy steeds blydskap vind in Hom, ten spyte van jou pyn, hartseer en droefheid.

As ons net dink aan wat ons alles in Christus het, hoe kan ons nié vol blydskap wees nie? Ons het vergifnis, genade en die belofte van ’n ewige hoop gekry!

“Ons kan kies om te leef met wat ons kan sien óf volgens wat ons glo”, sê Liesel Krause-Wiid. Jy kan na jou omstandighede kyk en leef volgens wat jy kan sien. Of jy kan verby jou omstandighede kyk en God agter die skerms aan die werk sien.

Lynette Beer vra dat vroue ’n nuwe perspektief moet kry. Jy sal nooit gelukkig wees met wat jy kry nie, totdat jy verstaan wat jy regtig verdien. Dis ’n onverdiende geskenk wat ons so maklik as vanselfsprekend aanvaar. Die oomblik wat jou perspektief verander, sal jy gelukkiger word.

Lindie Strydom glo dat Sy wil goed en perfek en die beste is vir jou, ongeag hoe die situasie ook mag lyk. Jy kan daarom dankie sê vir alles wat na jou kant toe kom. Jy kan sê: “Ek weet dat alles ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet.”

DOEN GOED! Finesse skenk 10% van die kaartjieverkope aan die HelpHetta-projek van Helpende Hand.

Die Vroue wat Glo E-RETREAT word aangebied in samewerking met Finbond.