Vroue wat Glo E-RETREAT

Tema - VRY, VROLIK EN BLY!

Finesse en Finbond se Vroue wat Glo-retreat kom vir die eerste keer ooit na jou toe! ‘n Twee uur lange E-RETREAT met die tema Vry, vrolik en bly! Kyk aanlyn op Saterdag, 6 Junie wanneer ons by geloofsvroue soos Liesel Krause-Wiid, Lindie Strydom, Lynette Beer en ander gaan leer hoe om hoopvol te bly, selfs al kan jy nie oor jou omstandighede juig nie.

Kaartjies (E-RETREAT)

Die E-RETREAT word op Saterdag 6 Junie om 15:00-17:00 uitgesaai.
Indien jy nie op dié spesifieke tyd inskakel nie, sal jy ‘n REPLAY-skakel ontvang om die OPNAME binne 72 uur te kyk.
Alhoewel dit ’n AANLYN retreat is, is daar ’n beperkte aantal kaartjies beskikbaar!

E-RETREAT
(Geldig tot 5 Junie)

R74

E-RETREAT-kaartjie:
Geldig tot Vrydag 5 Junie om 12:00
+
* R74 per gesin

E-RETREAT
+ AANLYN MANNE-AAND

R111

R148

E-RETREAT-kaartjie R74
+
MansGenoeg! AANLYN MANNE-AAND kaartjie teen slegs R37 R74

EARLY BIRD
(Geldig tot 30 Mei)

R64

R74

Early bird-kaartjie vir E-RETREAT:
Geldig tot Saterdag 30 Mei om 12:00
+
* R64 per gesin

E-RETREAT
(Geldig tot 5 Junie)

R74

E-RETREAT-kaartjie:
Geldig tot Vrydag 5 Junie om 12:00
+
* R74 per gesin

Groeps-
bespreking

Twee

of méér kaartjies

GROEPSBESPREKING:
2 of méér kaartjies teen slegs R59 per kaartjie
(Geldig tot Vrydag 5 Junie om 12:00)

VIP-kaartjie
(Geldig tot 5 Junie)

R139

R297

VIP-kaartjie:
* Kaartjie (R74 per gesin)
* e-Boek Vry, vrolik en bly! (R124)
* Oudio-opname van E-RETREAT (R99)

Sprekers, ens

Program

Ons leef in ’n wêreld vol moeilikhede en stryd, en gelowiges sowel as ongelowiges word oorval met slegte nuus. Gelowiges behoort egter te reageer met ’n ander soort hoop, hoop in Christus.

Gelowiges het baie om oor vrolik en bly te wees. Selfs al kan jy nie oor jou omstandighede juig nie, kan jy steeds blydskap vind in Hom, ten spyte van jou pyn, hartseer en droefheid.

As ons net dink aan wat ons alles in Christus het, hoe kan ons nié vol blydskap wees nie? Ons het vergifnis, genade en die belofte van ’n ewige hoop gekry!

“Ons kan kies om te leef met wat ons kan sien óf volgens wat ons glo”, sê Liesel Krause-Wiid. Jy kan na jou omstandighede kyk en leef volgens wat jy kan sien. Of jy kan verby jou omstandighede kyk en God agter die skerms aan die werk sien.

Lynette Beer vra dat vroue ’n nuwe perspektief moet kry. Jy sal nooit gelukkig wees met wat jy kry nie, totdat jy verstaan wat jy regtig verdien. Dis ’n onverdiende geskenk wat ons so maklik as vanselfsprekend aanvaar. Die oomblik wat jou perspektief verander, sal jy gelukkiger word.

Lindie Strydom glo dat Sy wil goed en perfek en die beste is vir jou, ongeag hoe die situasie ook mag lyk. Jy kan daarom dankie sê vir alles wat na jou kant toe kom. Jy kan sê: “Ek weet dat alles ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet.”

DOEN GOED! Finesse skenk 10% van die kaartjieverkope aan die HelpHetta-projek van Helpende Hand.

Die Vroue wat Glo E-RETREAT word aangebied in samewerking met Finbond.

 

Boek + e-boek

Christene behoort die gelukkigste van almal te wees – nie moedeloos, angstig of ongelukkig nie. Vry, Vrolik en Bly! herinner ons daaraan dat die probleme van die wêreld nie vergelyk kan word met vreugde daarvan om Christus te ken nie.

 

Liesel Krause-Wiid, Lynette Beer, Karien Basson en ander
30% afslag, tot 24 Mei
R124 R174

Ook beskikbaar as ‘n e-boek
30% afslag, tot 24 Mei
R84 R124

Geborg deur

Bank enige tyd, enige plek, in Afrikaans.
SMS “MYBANK” na 33903.
Kliek op finbondmutualbank.co.za