Vroue wat Glo e-retreat

Vroue wat Glo
e-retreat

JY IS GEMAAK VIR MÉÉR

Tema - JY IS GEMAAK VIR MÉÉR

Finesse en Finbond se Vroue wat Glo e-retreat word Saterdag 10 April uitgesaai en jy is genooi! Die tema is “Jy is gemaak vir méér”. Kom word geïnspireer deur sprekers soos Lindie Strydom, Karien Basson en Demi-Leigh Tebow.

E-RETREAT-kaartjie

Saterdag 10 April | 14:00-17:00
Indien jy nie op dié spesifieke tyd kan inskakel nie, sal jy ’n skakel ontvang om dit binne ‘n maand te kyk.

+

Jy kry die opname om op jou eie tyd – soveel keer as wat jy wil – daarna te kyk (waarde R199)

+

Jy kry die e-boek IS JY DOOF VIR GOD? Gratis (waarde R139)

E-RETREAT
-kaartjie

R49

R74

AANLYN-kaartjie:
* R49 per skerm
* Jy kry die opname om op jou eie tyd – soveel keer as wat jy wil – daarna te kyk (waarde R199)
* Die e-boek IS JY DOOF VIR GOD? Jy kry die e-boek IS JY DOOF VIR GOD? Gratis (waarde R139)
* Bespreek tot Vrydag 9 April om 12:00

Meer oor die retreat ...

TEMA

Watter vrou se lewe is nie oorvol nie? Dis werk, kinders, huis, gesin, vriende en kerk, om maar net ’n paar te noem.

Ten spyte van soveel dinge, voel ons baiekeer leeg en rusteloos.

Het jy al gewonder of daar meer in die lewe is?

Vir baie Christenvroue is die antwoord: “Ja!”

INTERAKTIEWE AANBIEDING!

Die retreat kom na JOU toe! Ja, geloofsvroue regoor ons land kan saam deel hê in ‘n interaktiewe geloofservaring soos min – gebed, aanbidding, lofprysing, Bybelonderrig en méér.

As Vroue wat GLO het ons besef die Gees van God kan nie deur regulasies, plek, tegnologie of wat ookal beperk word nie! Kry jou vriendinne, ma’s, dogters en susters bymekaar om te groei in julle geloof en ook vriendskappe tussen geloofsvriendinne te verdiep.

Die gesamentlike gebedservaring aan die begin gaan ‘n hoogtepunt wees. Berei jouself voor vir jou tyd in die teenwoordigheid van God – skakel reeds 13:45 in.

Gedurende die groepsgesprekke na aanleiding van die sprekers se sessies, sal jy jou persoonlike ervarings met ander vroue kan deel en ook hoor wat hulle te sê het.

Jy hoef nie net ʼn toeskouer van ons lofprysing wees nie, ons hoop dat jy sal saamsing (of saamluister) as ons Sy naam groot maak.

Ons sluit die e-retreat af met Nagmaal. Kry die kelkies, kraakbeskuitjies of brood tuis gereed. Ons gaan die nagmaal almal saam as Vroue wat GLO gebruik.

SPREKERS en TEMAS!

Elke Christenvrou het nodig om te weet presies wie sy is en waar sy inpas.

As vroue soek ons dit baiekeer in ons verhoudings, prestasies, ’n mooi huis of jeugdige voorkoms. En in ons binneste word ons gees flouer en flouer.

Hierdie dinge is nie bedoel om ons te vervul nie, jy is gemaak vir méér!

Lindie Strydom, Karien Basson, Lily Rennie en Rouchelle Liedemann – elkeen met haar eie insig in die Woord én persoonlike geloofservaring – wil jou as Christenvrou graag help om die volgende vrae en diepste verlangens te antwoord …

Wie is JY? Vir watter doel het GOD jou gemaak? Hoe kan jy WEES wie jy bedoel is om te wees? En, wat kan jy DOEN om dit uit leef?

Demi-Leigh Tebow, Mej. Heelal 2017 en die vrou van Tim Tebow, ’n Amerikaanse bofbalspeler en motiveringspreker, sal deur middel van ’n vooraf opgeneemde video-aanbieding deel van die sprekers uitmaak.

Die Vroue wat Glo e-retreat
word geborg deur
Finbond.

Sprekers

Program

13:45 GEBED — Tanya Powell

LOFPRYSING — Rouchelle Liedemann

14:15 SESSIE 1— Karien Basson Gemaak om nie net te oorleef nie Ons beleef almal dat dinge nie altyd verloop soos wat ons beplan het nie. As ons nie versigtig is nie, kan daardie negatiewe ervarings ons terughou. Ons moet besef dat dit wat in die verlede gebeur het nie die toekoms definieer nie. Groepsgesprek

14:40 SESSIE 2 — Lindie Strydom Sien hoe jy deel is van God se storie Ons voel almal in ’n stadium daar kort iets in die lewe. Hoe laat ons God toe om ons te help om ons roeping te ontdek en uit te leef? Ons is deel van God se storie. Wat as ons begin leef asof ons dit glo? Groepsgesprek

15:20 IS JY DOOF VIR GOD? – Benescke Janse van Rensburg en Venessa Schoeman LOFPRYSING — Rouchelle Liedemann

15:30 POUSE

LOFPRYSING — Rouchelle Liedemann

15:50 SESSIE 3 — Demi-Leigh Tebow Elke vrou is uniek en anders gemaak God het elke mens gemaak, en Hy het ons verskillend gemaak met ’n goeie rede. Ons is verskillend sodat ons mekaar kan aanvul. Baiekeer is jou roeping versteek in die details van jou passie.

16:05 SESSIE 4 — Lily Rennie Oortuig van wat jy moet doen? God is intensioneel. Dit beteken Hy doen dinge met ’n doel. Elke vrou is gemaak met ’n doel en vir ’n doel. As ons vir ’n rede gemaak is, maak dit mos sin om uit te pluis wát dit is! Sodat ons die beste van ons lewe nou kan maak. Groepsgesprek

AANBIDDING — Rouchelle Liedemann

NAGMAAL — Renata van der Merwe

Ambassadeurs

VROUE WAT GLO-reeks

Gedrukte boek

R99

R199

E-boek

R69

R139

Lees in Verrso-app

Oudioboek

R49

R99

Luister in Verrso-app

JY IS GEMAAK VIR MÉÉR-reeks

E-boek

R49

R99

Lees in Verrso-app

Oudioboek

R64

R129

Luister in Verrso-app