Vroue wat Glo–subskripsie

GELOOFSINHOUD IN JOU E–POSMANDJIE

Teken in op Vroue wat Glo se eksklusiewe geloofsinhoud om jou geestelik toe te rus en jou geloof te verdiep. Dit sluit in geloofsartikels, Bybelantwoorde, ’n Bybelleesplan, oordenkings en méér – een keer per week in jou e–posmandjie!

Meer oor

Ons leef in ’n wêreld vol moeilikhede en stryd, en gelowiges sowel as ongelowiges word met slegte nuus oorval. Gelowiges behoort egter te reageer met ’n ander soort hoop, ’n hoop in Christus.

Natuurlik wil jy God ’n groter prioriteit maak. Jy weet jy moet iets doen, maar jy weet nie mooi waar om te begin nie …

Van die maniere om jou geloof te verdiep, is om kerk toe gaan, Bybel te lees en te bid. Maar as jy regtig ernstig is oor jou geloof en liefde vir God, mag jy nie met jou geloof soos dit is, tevrede wees nie.

Vroue wat Glo se jongste inisiatief is eksklusiewe geloofsinhoud vir jou as Christenvrou wat al die toerusting verskaf om jou te help om geestelik te groei en jou geloof te verdiep.

“Die Vroue wat Glo-subskripsie is vir vroue wat wil aanhou groei in hulle kennis en insig van God, om Hom beter te leer ken, Hom meer lief te hê en meer soos Hy te word.” sê Karien Basson, redakteur. “Ons wil jou ook toerus om die ongelooflike Christenvrou te wees wat God jou gemaak het om te wees. Ons span skrywers sal jou uitdaag, aanmoedig en besiel terwyl jy jou geloof uitleef.”

Een rede waarom jy die Vroue wat Glo-subskripsie sal geniet, is dat jy alles een keer per week gerieflik in jou e-posmandjie kry, sodat jy maklik ’n paar minute kan afknyp of ’n langer studiesessie kan neem, op ’n tyd wat jóú pas.

Kry oordenkings vir elke dag van die week, Christelike blogs deur gewilde skrywers, artikels oor geloofsgroei, antwoorde uit die Bybel en selfs ’n leesplan wat jou deur die boeke van die Bybel neem. As jy vrae het oor God, geloof en hoe om te leef as Christen, is die Het jy ’n vraag?-afdeling vir jou.

Klink die Vroue wat Glo-subskripsie soos iets waarvan jy graag deel sal wil wees? Indien wel, teken sommer nóú in om weekliks op ’n Maandag jou eksklusiewe geloofsinhoud te ontvang – die perfekte inspirasie vir die week wat voorlê!

Vroue wat Glo-subskripsie

R99

R144

Klink die Vroue wat Glo-subskripsie soos iets waarvan jy graag deel sal wil wees? Indien wel, teken sommer nóú in om weekliks op ’n Maandag jou eksklusiewe geloofsinhoud te ontvang – die perfekte inspirasie vir die week wat voorlê!