God het vir jóú ’n stem gegee

Vroue wat glo-retreat

Saterdag 5 Augustus 2023 | Moreleta Kerk

Gebruik God se gawe aan jou deur te skryf, te blog, te praat, ’n platform te skep én ’n gemeenskap te ontwikkel wat God eer!

Vroue wat glo-retreat
Dae
Ure
Minute
Sekondes

Sprekers

Liesel Krause-Wiid, Lynette Beer en ander topklassprekers

Koffie en kuier

Koffie-en-kuiergeleentheid

Gasvrou

5 paneelbesprekings met Janine van Niekerk as gesprekleier

Vroue wat glo-retreat

Voelgoed Media en Geopende Deure se VROUE WAT GLO-RETREAT is spesifiek vir vroue wat ’n begeerte het om die boodskap van die Woord uit te dra.

Dié eendag-retreat sal vroue-kommunikeerders toerus wat geroepe voel om die stem wat God as gawe vir hulle gegee te gebruik. Eer God deur te skryf, te blog, te praat, ’n platform te skep én ’n gemeenskap te ontwikkel!

Liesel Krause-Wiid, Lynette Beer, Melissa van Biljon, Bertha le Roux-Wahl en Melissa Swart het hulle op verskeie terreine van Christelike kommunikasie gevestig as skrywers, sprekers, podsending-, radio- en TV-aanbieders, en méér.

Vroue wat glo-retreat

God het vir jóú ’n stem gegee

Voel jy geroep om iets groters en meer betekenisvol met jou lewe te doen? Smag jy daarna om die boodskap wat jy by Hom kry, by ander te laat uitkom?

Hierdie wêreld het nog nooit jou hart en jou stem meer nodig gehad nie!

Ons weet elke vrou is uniek, maar besef jy dat jóú stem ook ’n unieke geskenk van God is?

Nou is die beste tyd om op te staan, en met selfvertroue God se roeping vir jou uit te leef!
Vroue wat glo-retreat (sprekers)
Vroue wat glo-retreat
Vroue wat glo-retreat

Program

Sprekers en temas om na uit te sien!

Sessie 1

08:10-08:55

Persoonlike groei slyp jou vir jou bediening

Jou bediening maak saak. Jou persoonlike en professionele groei maak ook saak. Om doelgerig te leef beteken om die regte fokus te behou as dit kom by jou hart, tyd, energie en prioriteite. Gryp elke dag voluit aan, nie net om ander te help nie, maar ook om jou vir jou bediening voor te berei.

Melissa Swart

Melissa Swart

Motiveringspreker en lewensafrigter

Sessie 2

09:20-10:05

Soms moet jy jou eie twyfel, vrae en uitdagings trotseer

As ’n vroulike bedieningsleier moet jy unieke uitdagings trotseer. Daar is twyfel en vrae oor wat God jou roep om te doen. Soms is daar stemme van buite af wat jou laat voel dat jy nie behoort nie. Kom leer hoe jy jou roeping elke dag kan uitleef.

Melissa van Biljon

Melissa van Biljon

Predikant

Sessie 3

10:35-11:20

Verskuif jou fokus van ’n platform hê na ’n platform wees

Die wêreld praat vandag dikwels oor platforms en platformgroei. Dit is veral waar in die media-omgewing, waar die doel is om te groei met volgelinge, likes en intekenaars. Om die wêreld positief te beïnvloed, is dit beter om die fokus te verskuif van ’n platform hê na ’n platform wees.

Liesel Krause-Wiid

Liesel Krause-Wiid

Predikant en geloofsmentor

Sessie 4

12:35-13:20

Leer die kuns van jou eie platform hê!

As passievolle Christen wil jy graag die Woord van die Here versprei. Die nuwe digitale wêreld bied soveel potensiaal, maar jy wonder hoe om dit te doen. Wil jy hê iemand moet jou deur die proses praat? Kom leer die kuns om jou eie platform te hê.

Lynette Beer

Lynette Beer

Verhoudingskenner en skrywer

Sessie 5

13:55-14:40

Gebruik jy jou stem as God se gawe aan jou?

God het vir ons die gawe van ’n stem gegee om die kerk op te bou. Hy gee ons ook die geloofwaardigheid om ons lewenslesse met ander te deel. Hy wys vir ons dinge met ’n doel. Is jy ’n goeie rentmeester van dít wat jy al by Hom geleer het?

Bertha Le Roux-Wahl

Bertha Le Roux-Wahl

Aktrise en radio-aanbieder

Die gesprekleier vir die paneelbesprekings is die Radiokanselaanbieder, JANINE VAN NIEKERK.

Janine van Niekerk

Radiokanselaanbieder

In-persoon, Moreleta Kerk

Saterdag 5 Augustus

Koop jou kaartjie!

Brons kaartjie

per persoon
R 99 R200
  • Mini-oudit, Moreleta Kerk
  • Sitplek AGTER
  • *Middagete-opsies by Revive Café beskikbaar

Silwer kaartjie

per persoon
R 149 R275
  • Mini-oudit, Moreleta Kerk
  • Sitplek MIDDEL
  • Oudio-opname ingesluit
  • *Middagete-opsies by Revive Café beskikbaar

Goue kaartjie

per persoon
R 199 R350
  • Mini-oudit, Moreleta Kerk
  • Sitplek VOOR
  • Video- én oudio-opname ingesluit
  • *Middagete-opsies by Revive Café beskikbaar

Video- en oudio-opnames

As jy nie die funksie kan bywoon nie!
Kry die video- of oudio-opnames

Oudio-opnames

van die sprekers
R 74 R100
  • 5 sprekers
  • Oudio-opname
  • 45 minute per spreker
  • Luister op jou eie tyd

Video-opnames

van die sprekers
R 99 R150
  • 5 sprekers
  • Video-opname
  • 45 minute per spreker
  • Kyk op jou eie tyd

Die Vroue wat glo-retreat word geborg deur

Geopende Deure

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!