Klub 50–funksie VYFTIG, VURIG en FUNKY

Tema - VYFTIG, VURIG en FUNKY

Voel dit vir jou asof die lewe wat jy nou het, nie weerspieël wie en wat jy regtig is nie? Wil jy die vyftigerjare graag met ope arms verwelkom sodat jy kan blom en jou hartsdoel kan vervul? Dis nou die tyd om aanspraak te maak op wat joune is met ons Vyftig, vurig en funky–funksie vir vyftigers!

KYK AANLYN!

Saterdag 4 Desember | 08:00 – 13:00

R79 (ipv R99) per skerm

Indien jy nie op dié spesifieke tye kan inskakel nie, sal jy ’n REPLAYskakel ontvang om dit op jou EIE TYD binne ’n MAAND te kyk – maar jy moet nóú registreer!

Die KLUB 50–FUNKSIE
word geborg deur
Sonja Smith - Elite Funeral Group

Méér oor FUNKSIE

Die samelewing, gemeenskap en selfs vriende en familie vertel baiekeer vir vroue wie hulle eintlik moet wees. Baie dinge word vir jou voorgeskryf, soos
hoe om op te tree en selfs hoe jy moet aantrek en lyk. Sulke boodskappe kan jou dreineer en jou moeg en gestres laat voel. Jy wil graag weer beheer neem van jou lewe, maar jy voel net nie goed genoeg om te doen wat nodig is nie. Diep in haar hart weet elke vrou sy is kosbaar en sterk. Maar dit vóél nie altyd so nie. Dit is nie net mans wat ’n middeljarekrisis ervaarnie. Ná vyftig voel baie vroue hulle lewe is halfpadverby en dit is tyd om te fokus op die dinge wat regtig saak maak.

Dis nie materiële dinge wat jou gelukkig maak nie. Jy het nou ’n diep behoefte om iets betekenisvol met jou lewe te doen. Om ’n nalatenskap te hê vir jou kinders en die volgende geslag. Wie wil nou aan die einde van haar lewe sê: “Ek wens ek het …” Vroue ouer as 50 pas deesdae aan by die wêreld wat gereeld verander. Aftrede is nie eens in hulle gedagtes nie. Jy gaan beslis nie nou by die huis sit, brug speel of lid word van ’n boekklub en toekyk hoe die lewe by jou verbygaan soos jou ouma toe sy vyftig was nie. In hierdie fase maak vroue hulle reg vir iets beter en pak die lewe aan met ’n nuwe geesdrif en
uithouvermoë. Vroue het meer selfvertroue in hierdie “vaal” lewensfase en maak seker dat ander dit weet! Dit is tyd om wakker te word en weer agter die stuur van jou lewe in te skuif. As jy voel jy is reg vir die volgende hoofstuk van jou lewe, is ons Klub 50-funksie die geleentheid wat jy moet bywoon!
Die tema is Vyftig, vurig en funky. Motiveringsprekers soos Liesel Krause-Wiid, Amore Bekker en Annie Coetzee sal jou wys hoe om hierdie ’n tyd van selfontdekking te maak. Om weer woema te kry en die vrou te word wat jy bedoel is om te wees.

Sprekers

Ambassadeurs

Boek + E-boek + Oudioboek

Gedrukte boek

Rxxx

Rxxx

E-boek

Rxxx

Rxxx

Lees in Verrso-app

Oudioboek

Rxxx

Rxxx

Luister in Verrso-app

NAVRAE

Stuur ‘n epos na [email protected]
of bel 016 018 0243 (Kantoorure)
V&A