Waar jou hart is, daar is jou huis …

Net voor tien, Vrydag oggend, lui my voordeur klokkie. Vyf minute later is daar ‘n span werkers in my huis. Sonder om veel te se, gryp elkeen ‘n boks, bubble wrap en begin alles insig toedraai en verpak …

Vinnig, gryp ek twee koffiebekers en steek dit in my yskas weg. Ek sug van verligting, ons het darem koffiebekers, ons kan koffie drink. Ongelukkig kon ek nie vinnig genoeg by die eetgerei en borde uitgekom het nie … maar ons het koffiebekers.

Ek, Richard en ons twee honde staan in skok die situasie en toekyk. Ek het nog nooit in my lewe so iets gesien nie. Binne vier ure is bykans ons hele huis se inhoud in bokse gepak en meubels in plastiek toegedraai.

Teen Maandag is bykans ons hele huis se inhoud in ‘n container verpak. Reg vir die reis oor die see, oppad na ons nuwe huis in Dubai. Al wat agtergebly het is ‘n bed, yskas, twee koffiebekers, geleende eetgerei en borde …

Teen Donderdag klim Richard op ‘n vliegtuig. Emosioneel en oormoeg kyk ek na my lee huis. Binne ses weke het my lewe totaal en al verander …

Volg die pad na jou huis, hoor ek die stem in my hart en kop se …

Jy sien, jou huis is nie die fisiese meubels of struktuur wat ‘n dak oor jou kop hou nie. Jou huis is dit wat jou hart en passie vir die lewe aan die gang hou. My huis is my liefde vir God, die beskermde arms van my man, om mense te inspireer, om te skryf, ons passie vir avontuur, ons droom om meer herinneringe te skep en nie noodwendig meer aardse besittings bymekaar te maak nie, daardie een ding wat my dryf om eendag die beste stories te kan vertel wanneer ek as bejaarde sit en tee drink saam met my vriendinne.

Waar is jou huis? Jou huis is waar jou hart is. Dit wat jou met energie en passie in die oggend uit die bed laat spring. Dit wat jou in die aand met ‘n hart vol vrede aan die slaap laat raak. Hardloop volspoed agter dit aan, gryp dit met albei hande aan ..

Die lewe is te kort. Tyd, ons kosbaarste besitting. Wees braaf, volg jou hart, vind jou passie, vind jou huis. Dit is jou tuin van vreugde, jou rusbank van vrede, jou unieke geskenk van God en jou aroma aan die wêreld…

Hebrews 13:14-16 Living Bible (TLB)

14 For this world is not our home; we are looking forward to our everlasting home in heaven.

Foto krediet: Tanja Rootman Photography