wanneer is die beste tyd om te oefen?

0
4
oefen.jpg

Baie van ons vra hierdie vraag. Is dit beter om in die oggend of in die aand te oefen? Luiter na jou klok.

Daar is geen betroubare navorsing wat tot dusver kon bewys dat jou liggaam meer kilojoules sekere tye van die dag verbrand nie. Maar wat wel ’n feit is, is dat jou liggaam se bioritme bepaal of jy ’n oggend of ’n aand persoon is. Bioritme verwys na jou  interne horlosie wat biologiese prosesse in ’n 24 uur-siklus reguleer en dit het ’n invloed op bloeddruk, liggaamstemperatuur, harttempo en hormoonvlakke. Alles wat jou gereedheid vir oefening bepaal. Hou dit in gedagte wanneer jy besluit wanneer om te oefen. Verder kan jy hierdie wenke volg:

  • Kies ’n tyd waarby jy kan hou. Kyk na jou leefstyl: wanneer moet jy werk toe gaan, wanneer verg jou kinders meer van jou tyd. Probeer dan elke dag op dieselfde tyd oefen.
  • Hou net ingedagte dat jy nie hoë impak oefeninge (soos aërobiese danse of hardloop) net voor slapenstyd moet doen nie,  dit kan veroorsaak dat jy sukkel om te slaap.
     

As jy soos ek is, wil jy die oefeninge soggens agter die rug kry. Maak nie saak hoe goed my voornemens is om smiddae te oefen nie, daar is bloot net te veel dinge wat my aandag aftrek.