Wanneer jy glo en hy nie…

0
17
tips_vir_die_liefde.jpg

Wat die rede ook al is waarom jou maat die Here nie met oorgawe dien nie, jy kan die grootste instrument in hierdie hele proses wees.

Maar dan moet jy dalk op ’n heel ander plek begin as bloot net bid en glo.

As jy vir ’n boemelaar vertel dat Jesus die Ware Brood van die lewe is, gaan hy nie luister as hy nog honger is nie. Gee eers vir hom ’n brood voor jy kan verwag dat sy lyf, gees en kop begin hoor wat jy vir hom wil sê.

Net so met jou maat. Maak seker dat julle emosionele en seksuele verhouding reg is. Kry hom eers op dieselfde bladsy nét met julle verhouding. As hy weet jy het hom innig lief, dat jy hom koester, hom waardeer en lus is vir hom, is hy onmiddellik meer oop vir jou behoeftes – ook dat hy die Here sal leer ken!