Want Iemand was alreeds daar…

Die enigeste konstante ding in hierdie wêreld, is dat niks konstant is nie.

Alles verander, seisoene verander, kinders word groot en die res van ons is permanent besig om die tekens van veroudering hok te slaan.

Hoekom is ons dan so bang vir verandering as dit die enigeste konstante ding is waarmeee ons saamleef? Ek dink soms dat meeste dinge stadig verander en oor ‘n lang tydperk. Ons raak vinnige gekondisioneerd en gewoond daaraan.

Ek en my man sit gereeld en gesels oor die toekoms, ons beplan, bespreek voor en nadele van ons opsies. Soms gee net ons idees, my ‘n bietjie van n beklemming om die hart. Ek is n avontuurlustige persoon maar, snaaks genoeg gedagtes soos om van werk te verander, om ‘n ma te word en in n ander land te gaan woon kan my soms benoud maak.

Telkemale herinner ek myself aan Psalm 23 wat se Hy lei my langs stil waters… “HY lei my” beteken Hy loop nie agter my of langs my nie, maar Hy loop vooruit. Hy was reeds daar waarheen ek nog oppad is en ek volg Hom.

Hoe weet ek, ek maak die regte keuses? Neem ek besluite uit vrees, vrees vir die toekoms van ons land, vrees want ek is bang om te misluk of maak ek keuses omdat ek die geleentheid, hoop en n hoopvolle toekoms daarin sien. Ja elke nuwe paadjie bring nuwe uitdagings en groeipyne. Groeipyne beteken nie dat jy het verkeerde besluite geneem nie, dit beteken net dat jou karakter gevorm word.

Kies vandag die opsie wat nie noodwendig die maklikste uitweg is nie, maar die besluit wat jou siel sal laat lewe en jou menswees sal laat groei. Onthou God was reeds daar en Hy lei jou. Wees sterk en vertrou op Hom en die droom wat Hy in jou hart geplant het.